AfriForum skenk handreiniger aan polisie-eenhede in Gauteng

AfriForum het op 1 Arpril 2020 meer as 5 000 botteltjies handreiniger aan polisie-eenhede in Gauteng geskenk om polisielede se risiko om COVID-19 tydens die uitvoer van hul pligte op te doen, te verlaag.

AfriForum het die handreiniger by polisiestasies in die suide van Gauteng, die Wes-Rand, Oos-Rand en Pretoria afgelewer. Heelwat polisiestasies het nie genoeg handreiniger sodat hul lede hul pligte veilig kan uitvoer nie.

“Polisielede is tydens hierdie pandemie in die voorste linies en behoort hul take te kan uitvoer met die nodige beskerming teen die virus. AfriForum se veiligheidstrukture bied deurlopend praktiese ondersteuning te midde van hierdie pandemie. Ons hoop om hiermee ook die polisie by te staan om hulle teen die opdoen van die virus te help beskerm terwyl hulle hul werk doen,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

Die burgerregteorganisasie het ook hul buurt- en plaaswaglede, wat tydens die staat van inperking hulp aan gemeenskappe verleen, toegerus met die nodige toerusting om hulle sover moontlik teen die virus te beskerm.

Posted on by jonckie

Comments Off on AfriForum skenk handreiniger aan polisie-eenhede in Gauteng

Category: Veiligheid Tags :