Wat is die wettige vereiste rakende waar my voertuig se lisenskieskyfie aangebring moet word?

Vraag:

Ek is vanmiddag deur ‘n verkeersbeampte daarvan beskuldig dat ek “staateiendom” beskadig het deurdat ek my lisensieskyf met ‘n deurskynende plastieklaag {“clear adhesive”) aan die linkerste onderkant van die voertuig se windskerm geplak het.

Ek het die Padverkeerswet en Regulasies gefynkamp, maar kon nie ‘n artikel of regulasie daaromtrent vind nie.

Hy het die lisensieskyf verwyder en my toe ook sommer daarvan beskuldig dat ek met ‘n vervlaste skyfie bestuur het, glo omdat die skyfie se kleur nie reg was nie en omdat hy glo nie enige watermerke daarop kon waarneem nie. Die voertuig staan heel dag buite in die son – natuurlik sal die papier daarvan verblyk. Rakende die watermerke – hy het nie eens die moeite gedoen om die skyfie teen die lig te hou nadat hy dit verwyder het. Ek voel uiters vernederd en gegrief deur sy valse beweringe. Hy was uiters arrogant en wou my op die plek arresteer, maar ‘n polisie beampte het gelukkig tussenbeide getree.

Ek het dadelik die kwitasie waarvan die skyfie deel is, nagegaan. Die nodige watermerke verskyn duidelik op die kwitansie. Ek het na my ander voertuig se skyfie gekyk – ‘n mens kan nie die watermerke sien as daar nie lig agter dit geplaas word nie.

Kan u asseblief ‘n aandujiding gee rakende die aanhegting van die lisensieskyf teen die ruit se oppervlakte? Waarmee mag ek die skyfie volgens wetlike voorskrifte vasplak? . Ek reis baie en kom op ‘n daaglike basis in padblokkades. Nog nooit het enige beampte my daarvan beskuldig dat ek “staatseiendom” beskadig het nie en ook nie dat die skyfie vervals is nie.

Antwoord:

Daar is net een regulasie wat hieroor handel. Sien hieronder. Oorspronklik is die skyfies met gom op uitgereik en ‘n persoon was verplig om dit teen die ruit vas te plak. Die son het die gom swart gebrand end it is hoekom skyfies sedertdien sonder die gom uitgereik word. Die oorspronlike wetgewing het eienaars verplig om die skyfie permanent vas te heg maar daar is tans geen spesifieke instruksie hieroor nie. Dit is beslis nie ‘n oortreding om dit met iets soos desifix vas te sit nie.

Reg 36.     Display of licence disc or licence and roadworthy certificate disc

(1)     The owner of a motor vehicle shall display a licence disc or licence and roadworthy certificate disc, whichever the case may be, issued in respect of such motor vehicle—

(a)     if the motor vehicle is fitted with a transparent windscreen, by affixing it on the lower left-hand corner in such a manner that the print on the face of the licence disc or licence and roadworthy certificate disc, whichever the case may be, is clearly legible from the outside to a person standing in front or to the left front of such vehicle;

(b)     if the motor vehicle is not fitted with a transparent windscreen, by affixing it in a conspicuous position on the left front side of such motor vehicle in such a manner that the print on the face of such a licence disc or licence and roadworthy certificate disc, whichever the case may be, is clearly legible from that side; or

(c)      if such licence disc or licence and roadworthy certificate disc, whichever the case may be, is required to be displayed on a motor vehicle in a position where it is exposed to the weather, be protected by affixing such licence disc or licence and roadworthy certificate disc, whichever the case may be, on the inside of the transparent front of a durable watertight holder.

(2)     No person shall operate on a public road a motor vehicle on which is displayed a licence disc or a licence and roadworthy certificate disc, whichever the case may be, or anything purporting to be a licence disc or licence and roadworthy certificate disc—

(a)     which is not applicable to such motor vehicle;

(b)     which is in any way obscured or has become illegible, except if such licence disc or licence and roadworthy certificate disc, whichever the case may be, is temporarily obscured or illegible by reason of a cause beyond the control of the driver of such motor vehicle.

(3)     (a)     No person shall operate on a public road, a motor vehicle that is not registered and licenced or not licenced, unless such vehicle is exempt from registration and licencing as contemplated in regulation 5.

(b)     No person shall operate a motor vehicle on a public road unless a valid licence disc or licence disc and roadworthy certificate is displayed on such motor vehicle as contemplated in subregulation (1).

(c)      No person shall operate a motor vehicle on a public road unless a valid temporary import permit is displayed on such motor vehicle, if such permit is required in terms of Custom and Excise legislation.

Groete

Alta

Posted on by jonckie

Comments Off on Wat is die wettige vereiste rakende waar my voertuig se lisenskieskyfie aangebring moet word?