Man beseer in ongeluk met bromponie

‘n Volwasse man is vanoggend lig beseer na hy met sy bromponie in ‘n ongeluk betrokke was.

Die ongeluk het op die kruising van Voortrekkerweg en Plumestraat gebeur.

Die Oudtshoorn Courant het op die toneel verneem dat die drywer van die bromponie agter ‘n vragmotor in Dysselsdorp se rigting onderweg was.

Die bestuurder van die vragmotor wou na bewering links in Plumestraat indraai toe die ongeluk gebeur het.

Die bestuurder van die bromponie is op die toneel behandel en na die hospitaal geneem.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Man beseer in ongeluk met bromponie