Toyota Gazoo Racing onder groot druk in dun lug

Die groot hoogtes waar Sneltrajek 5 van die 2016-Dakar-veldtydren beslis is, het die spanlede van die Toyota Gazoo Racing SA-renspan onder groot druk geplaas ‒ nie net weens die verrigtingsverskille tussen hul turbolose V8-aangedrewe Toyota Hilux-renvoertuie nie, maar ook die uitwerking wat die skielike styging tot hoër as 4 300 meter bo seevlak op hul liggame […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Gazoo Racing onder groot druk in dun lug

Poulter nou 4de algeheel in Dakar 2016

Die 2016-Dakar-deelnemers het Woensdag 6 Januarie Sneltrajek 4 aangedurf terwyl die diensspanne en ondersteunende personeel na Tajita in Bolivia verskuif het. Die marathon-sneltrajek, wat ’n sirkelroete van 429 km teen hoogtes tot 4 000 meter bo seevlak behels, was ook ’n marathon-sneltrajek, wat beteken dat die spanne Donderdag 7 Januarie se vyfde sneltrajek sonder enige tegniese […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Poulter nou 4de algeheel in Dakar 2016

De Villiers skuif op na tweede in Dakar 2016

Die Toyota Gazoo Racing SA-jaer Giniel de Villiers en sy navigator, Dirk von Zitzewitz, het hard deur Sneltrajek 3 van die 2016-Dakar-ren gejaag en tot tweede algeheel opgeskuif. Die sneltrajek, wat Dinsdag 5 Januarie beslis is, het die deelnemers van Termas de Río Hondo na die dorpie Jujuy in die noorde van Argentinië geneem. Swaar […]

Posted on by jonckie

Comments Off on De Villiers skuif op na tweede in Dakar 2016

Goeie begin vir Toyota Gazoo Racing SA-jaers nadat Dakar 2016 hervat

Sneltrajek 2 van die 2016-Dakar-veldtydren is gister (4 Januarie) ten spyte van nog dreigende swaar reën tussen Villa Carlos Paz en Termas de Río Hondo in hoofsaaklik sonnige en warm toestande hervat. Die sneltrajek is egter met 134 kilometer verkort ten einde ’n oorstroomde gedeelte van die roete te vermy, maar dit was nogtans ’n […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Goeie begin vir Toyota Gazoo Racing SA-jaers nadat Dakar 2016 hervat

De Villiers in puik posisie vir 1ste snaeltrajek van Dakar 2016

ROSARIO, ARGENTINIË – Dakar 2016 is aan die gang! Die Toyota Gazoo Racing SA-renspan het vandag (Saterdag 2 Januarie) die seremoniële wegspring in die Argentynse hoofstad, Buenos Aires, afgelê voordat hulle aan die voorren oor 11 kilometer deelgeneem het. Die voorren word gebruik om die wegspringposisies vir Sondag se Sneltrajek 1 te bepaal, en vir […]

Posted on by jonckie

Comments Off on De Villiers in puik posisie vir 1ste snaeltrajek van Dakar 2016