R56-miljoen bestee in die stryd teen dwelmmisbruik in Wes-Kaap

12512759_1329791457047793_5383739533235308828_n

Die regering in die Wes-Kaapse het die afgelope finansiële jaar 2015/16, R56 387 047 in die stryd teen dwelmmisbruik bestee.

Ek gaan aan Albert Fritz, Minister van Maatskaplike Ontwikkeling in die Wes-Kaap, skryf om uit te vind tot watter mate die Wes-Kaapse Regering se baanbreker-programme op alkoholmisbruik ‘n impak gaan maak op die finansiering van huidige programme wat dwelm- en alkoholmisbruik teen moet werk.

In antwoord op Parlementêre vrae het die Departement dit bekend gemaak dat R56 387 047 tydens die 2015/16-finansiële jaar bestee is om dwelmmisbruik te bekamp. Die finansiering van 5 rehabilitasie fasiliteite het R13 322 160 beloop en 595 mense het daarby baat gevind. Terselfdertyd is 11 gemeenskapsdiens-organisasies gefinansier wat 3554 mense op 24 persele geakkommodeer het en die koste het R22 399 752 beloop.

Die Departement het ook die volgende bedrae toegewys:

• Vir voorkoming en bewusmaking: Drie organisasies is gefinansier om voorkomend teen dwelmmisbruik op te tree. Die totale begroting was R 2 571 219 en 5999 mense is bereik.
• Vroeë ingryping: Daar is R8 411 636 bewillig en 19 organisasies op 26 persele het 3950 mense met vroeë ingrypingsmaatreëls bereik.
• Nasorg: 11 organisasies op 18 persele het fondse ter waarde van R4 706 823 ontvang en 2220 mense is bereik.
• Die Departement beoog om meer personeel aan te stel sodat daar meer doeltreffend teen dwelmmisbruik opgetree kan word. Daarom gaan bykans R5-miljoen gespandeer word om gespesialiseerde opleiding aan 66 studente aan die onderskeie Wes-Kaapse universiteite te bied.
Rehabilitasiesentrums vorm ‘n integrale deel van die Departement se plan om hierdie maatskaplike euwels uit te roei en ons verwelkom dit dat daar 8 sulke fasiliteite in Mitchells Plain is. Die rehabilitasiesentrums bied dienste op verskeie ingrypingsvlakke aan, naamlik vier sentrums vir Binnepasiënte, een Halfweghuis en drie Gemeenskapsorganisasies.

Die DA in die Wes-Kaap is daartoe verbind om sosiale euwels in ons gemeenskappe uit te roei deur omvattende aksieplanne daar te stel wat sosiale misdaad en euwels sal voorkom, die misbruik van gewoontevormende middels bekamp en rehabilitasie-programme daar te stel. Elke burger in die provinsie verdien ‘n veilige leefruimte waarbinne hulle die vryheid het, om geleenthede wat vir hulle waardevol is, na te streef.

Media-navrae:
Ricardo Mackenzie LPP – 078 564 5341
DA-Wes-Kaapse Woordvoerder oor Kultuursake en Sport
DA Kiesafdelingshoof: Mitchells Plain

Posted on by jonckie

Comments Off on R56-miljoen bestee in die stryd teen dwelmmisbruik in Wes-Kaap