Toyota versnel die pas met nuwe Hilux Dakar weergawe
25
July
Toyota het pas ’n beperkte weergawe van Suid-Afrika se topverkoper, die Toyota Hilux, bekend gestel. Hierdie spesiale reeks, wat die Hilux Dakar-weergawe genoem word, vier die Hilux se skitter-vertoning in die 2013-Dakar-veldtydren. Die bekenstelling het gepaard gegaan met Imperial Toyota SA Dakar se spanaankondiging vir die 2014 Dakar ren.
Die Dakar-pakket is net vir ’n beperkte tydjie (van Julie tot September) vir Raider-modelle in al drie vorms (Enkel-, Xtra- en Dubbelkajuit) beskikbaar en pronk met ’n magdom aantreklike bykomende standaard-toerusting.
“Ek is baie in my skik dat ons die koms van die Dakar-weergawe aangekondig het, wat ’n vars benadering tot ons geharde Hilux-reeks bied,” sê Kerry Roodt, Hoofbestuurder, Toyota Suid-Afrika Motors. “Sy kombinasie van ’n sterk voorkoms met ’n uitgebreide lys standaard-toerusting maak dié voertuig vir styl- en waarde-bewuste kopers ’n selfs nog aantrekliker keuse.”
Die treffende buitestileringspakket van die Hilux Dakar-weergawe kry buiten die gewone Raider-pakket die volgende bykomstighede:
- Nerfstamper van vlekvrye staal en met ’n Dakar-kenteken
- Agterstaaf van vlekvrye staal en met ’n Dakar-kenteken
- Kanttrappies van vlekvrye staal met die Dakar-kenteken
- Trappie-buffer agter met ingeboude trekstang
- Swart bakseiltjie
- Rookgrys allooisierwiele
- Rompgekleurde buitespieëls
- Rompgekleurde deurhandvatsels
- Dakar-kenteken op die laaideur
Die binneruim is met die volgende nuwighede opgekikker:
- Swart leersitplekke met rooi stikwerk
- Deurinsetsels van swart leer met rooi stikwerk
- Swart matstel met rooi Dakar-borduurwerk en ’n rooi soom
- Trurat-kamera (Xtra- en Dubbelkajuit)
Pryse (BTW ingesluit)
Hilux-enkelkajuit 2.7 VVTi Raised Body DAKAR R292 200
Hilux-enkelkajuit 3.0 D-4D RB DAKAR R333 800
Hilux-enkelkajuit 3.0 D-4D 4X4 DAKAR R385 600
Hilux-Xtrakajuit 3.0 D-4D RB DAKAR R364 500
Hilux-Xtrakajuit 3.0 D-4D 4X4 DAKAR R416 500
Hilux-dubbelkajuit 2.7 VVTi RB DAKAR R365 800
Hilux-dubbelkajuit 2.5 D-4D RB DAKAR R397 100
Hilux-dubbelkajuit 3.0 D-4D RB DAKAR R420 900
Hilux-dubbelkajuit 3.0 D-4D RB outo DAKAR R433 700
Hilux-dubbelkajuit 3.0 D-4D 4X4 DAKAR R473 700
Hilux-dubbelkajuit 3.0 D-4D 4X4 outo DAKAR R486 400
Hilux-dubbelkajuit 4.0 V6 RB outo DAKAR R433 000
Hilux-dubbelkajuit 4.0 V6 4X4 outo DAKAR R509 100