Wanneer sal die versekering besluit om my voertuig af te skryf?

Vraag:

Ek wil net graag weet as die voertuig jou R70 000.00 rand gekos het en jy het al die Turbo vervang wat jou R27 000.00 gekos het en sy boekie waarde is R34 000.00 rand en om die voertuig nou reg te maak kos dit jou R50 000.00 rand dan is dit net so goed en wel dat hulle die voertuig kan afskryf. Kan iemand my asb raad gee of my email asb oor wat staan ek te doen asb.

Antwoord:

Gewoonlik kyk die versekeringsmaatskappy na die waarde van die voertuig waarvoor dit verseker is. Indien die voertuig duurder is om reg te maak as waarvoor dit verseker is, kan die besluit gemaak word om die voertuig eerder af te skryf. Wanneer ‘n voertuig afgeskryf word, sal die versekeraar tipies die versekerde waarde minus “depreciation” minus die bybetaling aan die kliënt uitbetaal.

Vir meer besonderhede besoek veral die volgende skakel:

Wanneer sal die versekering my voertuig as afgeskryf beskou?

Posted on by jonckie

Comments Off on Wanneer sal die versekering besluit om my voertuig af te skryf?