Is jou motor verseker teen die korrekte markwaarde?

Baie versekere motoreienaars maak die fout om nie ‘n oog te hou oor die bedrag waarvoor hul voertuig verseker is nie. Nadat die voertuig aangekoop word verseker hul bloot die voertuig vir daardie bedrag en geen aanpassing word daarna gedoen nie!

Waarom is dit belangrik om die markwaarde van die voertuig aan te pas by versekering?

Dit is belangrik om te onthou dat dat die waarde van die voertuig voortdured afneem. Daar word dikwels gesê die voertuig verloor waarde sodra dit die vertoonlokaal verlaat. Soos die voertuig ouer word en meer afstande bestuur word vind daar dus waardevermindering plaas.

Dit is baie belangrik vir die eienaar om daarop bedag te wees dat wanneer die voertuig beskadig word, gesteel word of “afgeskryf word”, die versekeraar kyk na die markwaarde van daardie voertuig tydens daardie gebeurtenis en nie na die waarde van die voertuig toe die versekering uitgeneem is nie.

Wat is die markwaarde van my voertuig?

Ons verwys dikwels na markwaarde as “billike waarde”. Dit kan ook beskryf word as die prys waarteen die voertuig in die ope mark verkoop kan word deur ‘n gewillige verkoper aan ‘n gewillige koper. Dit is die huidige waarde van die voertuig as dit op daardie stadium vervang sou moes word deur ‘n soortgelyke voertuig van dieselfde ouderdom en gebruik. Baie keer sal ook verwys word na die “boekie waarde” as ‘n aanduiding van die waarde van die voertuig.

Waarom is hierdie markwaarde en waardevermindering belangrik vir my versekringspremie?

Gewoonlik word voertuie deur versekeraars teen huidige markwaarde verseker. Dit is jou plig as versekerde kliënt om navraag te doen of jou versekeringspremie aangepas sal word met die waardevermindering.

Voorbeeld: Indie jy ten tyde van die aankoop van die voertuig daardie voertuig verseker het teen die aankooppryd van R200,000 maar nou, 5 jaar en 150,000km later is die waarde slegs R80,000 en dis sinneloos om steeds ‘n versekeringspremie te betaal vir asof die voertuig nog R200,000 werd is. Jou versekeringspremie moet dekking verleen vir die huidige markwaarde – dus R80,000.

Advies aan Eienaars van Versekerde Voertuie

Die op-en wakker makelaar on versekeraar sal U op hoogte hou van veranderende markwaarde van U voertuig en dat dat ‘n aanpassing in premie kan plaasvind. Moet dit egter nie as vanselfsprekend aanvaar nie.

• Onthou dat voertuigversekering ‘n dinamiese proses is en nie gesien moet word as ‘n eenmalige transaksie nie. Let meer noukeurig op die korrespondensie van U makelaar of versekeraar!
• Doen navraag oor die huidige markwaarde van U voertuig en die bedrag waarvoor dit verseker is.
• Kommunikeer gereeld met U makelaar of versekeraar en doen navrae oor die sogenaamde “nuwe generasie produkte”.
• Doen ‘n jaarlikse kwotasie navraag en vergelyk U bestaande versekering met ander produkte beskikbaar ten einde te verseker dat U die korrekte dekking teen die regte prys geniet!
• The mark vir voertuigverskering is geweldig kompeterend en dit bevoordeel die verbruiker en voertuig eienaar – met ‘n bietjie meer huiswerk en moeite kan U gelds spaar met die korrekte versekering!

Posted on by jonckie

Comments Off on Is jou motor verseker teen die korrekte markwaarde?