Nuwe Bridgestone 4×4-reeks vir 2013
18
December
Johannesburg (18 Desember, 2012)
Bridgestone Suid-Afrika se 4×4 Fundi-uitdaging sal van 2013 af as die Bridgestone 4×4-klub-uitdaging bekend staan. Hierdie aankondiging is vandag deur Daniel Barbosa, organiseerder van die uitdaging, gedoen.
“Ons het besluit om die fokus van die uitdaging te verander – van individue wat hulself en sekere klubs verteenwoordig, na ’n meer regstreekse klub-fokus,” het Barbosa verduidelik. “Die nuwe benadering sal ’n binnenshuise klub-uitdaging behels vir die klubs wat genomineer word om aan die 2013-uitdaging deel te neem,” het hy gesê. Hy het bygevoeg dat die deelnemers aan een van die genomineerde klubs sal moet behoort om hulle vir die uitdaging te kan inskryf.
Elke byeenkoms sal deur ’n spesifieke klub ingevolge die Bridgestone 4×4 reëls en riglyne gereël word ten einde ’n hoë standaard van omgewingsorg en 4×4-ry-etiek te verseker. Die mikpunt sal wees om ’n wye verskeidenheid uitdagings aan te bied, wat hindernis-byeenkomste sowel as GPS- en roete-spesifieke aktiwiteite sal behels.
Die uitdagings sal selfs met die veranderinge aan die formaat steeds oor 4×4-entoesiaste wees wat hul ryvaardighede in gewone produksievoertuie ten toon stel, en Barbosa het beklemtoon dat ’n baie hoë standaard gehandhaaf sal word.
“Ons wil byeenkomste skep wat voertuig- en gesinsvriendelik is, en terselfdertyd veilig vir die deelnemers en toeskouers ook sal wees,” het hy gesê. “Ons het tien klubs geïdentifiseer ten einde aan hierdie doelwit te voldoen, en elk sal die geleentheid kry om ’n Bridgestone 4×4-uitdagingsbyeenkoms in 2013 aan te bied,” het hy bygevoeg.
Barbosa het die klubs en datums as volg gelys:
Suzuki Auto-klub 16 Februarie
Mercedes Benz SA klub – G-Xtreme-klub 16 Maart
Nissan 4×4-klub 6 April
Isuzu-veldryklub 18 Mei
Community Forum & TUFFSTUFF 8 Junie
McCarthy 4×4-klub 21 Julie
Lichtenburg 4×4-klub 3 Augustus
Jeep-klub van SA 21 – 22 September
Land Rover-eienaarsklub 5 Oktober
4×4 Off Road Adventure-klub 26 Oktober
Bridgestone-eindronde 16 – 17 November
Die drie beste spanne in elke uitdagingsronde sal die geleentheid kry om sake om die jaarlikse louere in die 2013-eindronde, wat in November beslis sal word, uit te spook.
“Hierdie nuwe stelsel sal meer mense in staat stel om aan die uitdaging deel te neem,” het Barbosa gesê. “Die aksie sal ook op DStv se Ignition TV as ’n reeks uitgesaai word, wat in die tweede helfte van die jaar sal afskop, en dit lyk asof 2013 ’n fantastiese jaar vir 4×4-entoesiaste sal wees,” het hy afgesluit.
As jy aan die 2013-Bridgestone 4×4 uitdaging wil deelneem, moet jy net met die verwante 4×4-klubs hierbo in verbinding tree.
Vir versekering van 4×4 voertuie besoek ook die volgende skakels:
Protect yourself when on driving on safari Out-In Africa
“Guide to safety and driving on safari / driving in the nature reserve”
Road Safety for foreigners travelling in South Africa
4×4 Vehicle Safety and Driving off-road
High performance shock absorber could reduce accident risk for 4×4 vehicles