Site icon GeselsVersekering

Noodlottige botsing tussen bakkie en vragmotor by Leeu Gamka in Karoo

Die bestuurder van ‘n bakkie is dood en drie passasiers ernstig beseer toe die bakkie ‘n vragmotor reg van voor getref het naby Leeu Gamka.

Volgens die provinsiale verkeersdepartement was die bakkie in die baan van die aankomende vragmotor.

Nadat dit deur die vragmotor getref is, het die bakkie ‘n motor getref. ‘n Vrou was in die motor vasgekeer en een baan was vir verkeer gesluit.

Die botsing het vanmiddag omstreeks 12:30 plaasgevind.

[Oudtshoorn Courant]

Exit mobile version