Site icon GeselsVersekering

Laerskoolleerders beseer in ongeluk buite Albertinia nadat band van minibus bars

‘n Onbekende aantal laerskoolleerders van Westcott Primary is beseer in ‘n ongeluk vroeër vanoggend toe ‘n band van die bussie waarmee hulle vanaf Knysna na Dieprivier onderweg was, blykbaar gebars en die voertuig die pad verlaat en gerol het.

Dit het op die N2 buite Albertinia gebeur.

Die leerders is na Riversdal-hospitaal geneem. Twee is klaarblyklik ernstig beseer. Die leerders was op ‘n sporttoer vanaf Donderdag 26 April.

Meer inligting volg sodra bekend.

Suidkaap Forum

Exit mobile version