Site icon GeselsVersekering

Bestuurder verloor beheer oor bakkie tussen George en Oudtshoorn

‘n Ongeluk het vroeër vanaand sowat sowat 20 km buite Oudtshoorn op die George-pad plaasgevind.

Die bestuurder van ‘n Chevrolet-bakkie het op ‘n draai uitgeswaai om ‘n aankomende voertuig te vermy en beheer verloor.

Hy het links van die pad teen ‘n wal afgery en in die veld beland.

Hy het sy been beseer.

Hy was op pad vanaf George na Oudtshoorn met ‘n vrag tamaties agter op die bakkie.

[Oudtshoorn Courant]

Exit mobile version