Niemand is in die botsing by Perdeskoendraai beseer nie, maar beide voertuie is ernstig beskadig.
Volgens die insittendes van die bakkie wat onderweg na George was het die Cruz skielik oor die pad geswenk en reg van voor teen hulle gebots.
‘n Persoon wat agter die bakkie gery het, het gese die mense in die Cruz het drankbottels by die voertuig uitgegooi toe hulle uitklim.
Met die aankoms van die polisie was die bestuurder van die Cruz skoonveld. Volgens sy passasiers het hy in ‘n blou Volkswagen Golf geklim wat weggery het.
‘n Weermagvoertuig het ook op die toneel gestop en 2 passasiers van die Cruz het in hom skuiling gesoek toe foto’s van die toneel geneem is. Sover vasgestel kan word is hulle aan die weermag verbonde. Die vyf insittendes van die bakkie is ook ongedeerd.
Die polisie het op die toneel besluit om die Cruz na die polisieskut te sleep as bewysstuk.