Site icon GeselsVersekering

Ligte, kamera en Kommunikasie vir mees geliefde motor

Corolla side

Die huidige Corolla, wat in 2014 in die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel is, is die wêreldwye topverkoper onder alle voertuie, en die jongste weergawe van hierdie immergroen Toyota-model bewys duidelik hoekom.

Die Corolla-toerusting is vir die 2015-model regdeur die reeks aangepas, en al die modelle kry nou dagligryligte (DRL’s) as deel van hul standaard-toerusting.

Die middelvlak-1.6 Sprinter, wat met ’n sportiewe houding pronk danksy sy atletiese antrasiet-allooisierwiele, bagasiebak-drukvin en eiesoortige Sprinter-kleurpallet en beslag, is ook opgegradeer en sluit nou Toyota se bekroonde multi-media-raakskerm met trukamera en parkeergidslyne in.

Nog iets nuuts op die lys standaard-toerusting vir alle Corolla-modelle is Bluetooth-werking (en stuurwielskakelaars). Dié nuwigheid is verder uitgebrei en sluit ook die intreevlak-Esteem-modelle in.

Net om die geheue te verfris – hier is ’n lys van die ruim toerusting wat reeds regdeur die hele Corolla-reeks aangetref word:
• Afstand beheerde sentrale sluiting vir al die modelle met sleutellose slim toegang in die Exclusive-modelle
• Elektries beheerde spieëls en vensters (voor en agter)
• Volg-my-ligte en nou dagligryligte ook
• Buitetemperatuur-aanwyser
• Ritrekenaar (TFT Multi-inligting-vertoonskerm in die Exclusive)
• 60/40-verdeelbare agtersitplekke
• Lugversorging (Esteem en Prestige)
• Outomatiese klimaatbeheer (Sprinter en Exclusive)
• Leerbekleedsel vir al die modelle behalwe die Esteem-weergawes
• Raakskerm-klankstelsel met ingeboude AM/FM-radio, CD/DVD/MP3-speler, Bluetooth-selfoonverbinding met musiekspeel-werking, en ’n USB-sok vir draagbare musiekspelers met die vermoë om ’n iPod-album se omslag te vertoon. ’n Agterkant-monitor is nou deel van die standard-toerusting (Prestige, Exclusive en nou ook die Sprinter) – NOG ’N SEGMENT-UITBLINKER!
• Die Esteem-modelle het ’n gewone klankstelsel, AUX- en USB-sok
• Bluetooth-stelsel vir handvrye selfoongebruik met stuurkontroles in al die modelle
• Elektrochromatiese truspieël (Exclusive)
• Reënsor-ruitveërs (Exclusive)
• Spoedbeheer (Exclusive)

Die enjinreeks bestaan uit die uitstekende 1.4-liter-D-4D-turbodiesel (’n finalis in die 2015-SA-Motor van die Jaar-kompetisie) en drie petrol-enjins: die 1,33ℓ-enjin met dubbele VVT-i, 1,6ℓ-enjin met dubbele VVT-i en nog ’n nuwe kragbron, die 1,8ℓ-weergawe met dubbele VVT-i. Al die enjins is gekoppel aan ’n sesgang-handratkas, terwyl die 1,6- en 1,8-petrolweergawes bykomende aan Toyota se nuwe uiters doeltreffende Multidrive S-palwisseltransmissie (CVT) gekoppel kan word.

Die goeie nuus is dat die gevolglike prysverhoging van die opgekikkerde Corollas met hul bykomende toerusting aansienlik minder as die toegevoegde waarde is – stygings wissel van net 0,5% tot ’n maksimum van 1,3% (afhangende van die model).

Pryse:
1.3 Esteem – R230 500
1.3 Prestige – R248 400
1.4D Esteem – R259 900
1.4D Prestige – R271 600
1.6 Esteem – R242 200
1.6 Prestige – R257 900
1.6 Sprinter – R267 500
1.6 Prestige CVT – R269 600
1.8 Prestige – R268 600
1.8 Exclusive – R290 800
1.8 Exclusive CVT – R302 500

Die nuwe Corolla word gedek deur ’n fabriekswaarborg van drie jaar/100 000 km en ’n diensplan vir vyf jaar/90 000 km. Versieningstussenposes is op 15 000 km vasgestel (wat die 1.4 D insluit). Die nuwe modelle word ook deur die ToyotaCare-padhulpbystandsprogram gedek, wat klante 24 uur per dag noodpadhulp vir algehele gemoedsrus bied.

Exit mobile version