Site icon GeselsVersekering

Toyota Racing onthul 2013-TS030-Hibriedmotor vir wêreld-uithourenkampioenskap

 

Toyota Racing het die hersiene TS030-Hibriedmotor onthul waarmee die span hierdie seisoen gaan probeer om ’n oorwinning in die Le Mans-uithouren oor 24 uur en die FIA se wêreld-uithourenkampioenskap (WEC) te beklink. Die eerste volwaardige toets van die 2013-motor begin binnekort by die Paul Ricard-renbaan in die suide van Frankryk.

Toyota Racing sal twee motors vir die WEC-seisoen inskryf. Alex Wurz, Nicolas Lapierre en Kazuki Nakajima sal weer in die Nommer Sewe-TS030-Hibriedmotor jaag. Die #8-TS030-Hibried sal vir die eerste keer buiteLe Mansdeelneem. Die span jaers is Anthony Davidson, Stéphane Sarrazin en Sébastien Buemi.

Die 2013-TS030-Hibriedmotor gebruik ’n hersiene weergawe van Toyota Racing se hibriedstelsel wat verlede jaar die eerste keer gebruik is. Die stelsel, wat op ’n superkapasitorstelsel gegrond is, lewer outomaties ’n stewige 221kW benewens die 390kW wat deur sy V8-petrolvergasserenjin van 3,4 liter gelewer word.

Die span het voor die nuwe reëls wat in 2014 ingestel gaan word, reeds die dryfstelsel, onderstel en lugdinamiese eienskappe verfyn om kraglewering, doeltreffendheid, bestuur van komponentgebruik en betroubaarheid te verbeter.

 

Die 2013-WEC-skedule behels die volgende:

Silverstone, VK (14 April); Spa-Francorchamps, België (4 Mei); Le Mans, Frankryk (22 Junie); Sao Paulo, Brasilië (1 September); Austin, VSA (22 September); Fuji, Japan (20 Oktober); Shanghai, China (10 November); en Bahrain (30 November).

Exit mobile version