Site icon GeselsVersekering

Bespaar brandstof dié Desember met doeltreffende bestuurstyl

Goeie nuus vir verbruikers is sommige ekonome se verwagting dat die brandstofprys in Desember verlaag gaan word. Dawie Roodt, hoofekonoom by die Efficient-groep, voorspel die brandstofprys kan met tot 40c per liter verlaag word na aanleiding van die verlaging in die internasionale olieprys die laaste paar weke.

Maar dié verlaging gaan nie veel doen om die sowat 15%-verhoging in die pompprys teen te werk waarvoor verbruikers sedert Januarie moet opdok nie. Motoriste gaan diep in hul beursie moet grawe om die vakansiepad te kan aandurf.

“Verbuikers is vuisvoos ná verhoging op verhoging vanjaar en veral die 93c-verhoging in September is nog vars in mense se gedagtes,” sê Ricardo Coetzee, woordvoerder vir die korttermynversekeraar Virseker. “Ongeag van die prysaanpassing in Desember sal motoriste steeds sowat R1 meer per liter as verlede jaar betaal wanneer hulle die pad na hul vakansiebestemming aandurf.

“So, hoewel ’n verhoging welkom sal wees, sal dit nie veel verligting bied nie. Verbruikers kan dié vakansie meer doen om hul brandstofkoste te besnoei deur ’n brandstofdoeltreffende bestuurstyl aan te leer.”

Coetzee wys daarop die goeie onderhou van ’n voertuig is die eerste en belangrikste tree na ’n brandstofdoeltreffende bestuurstyl. “Jou voertuig se toestand is ’n sleutelfaktor in brandstofverbruik. ’n Voertuig wat ordentlik in stand gehou word, loop doeltreffender, maar is ook meer brandstofdoeltreffend. Versien jou voertuig gereeld, veral voor ’n lang reis, om te verseker hy’s in die beste moontlike toestand.

“Die toestand van die bande is ook belangrik. ’n Voertuig se brandstofverbruik kan met tot 10% vermeerder as die bande te pap gepomp is. Deur te verseker die banddruk is korrek en die bande te laat balanseer, maak jy jou voertuig nie net veiliger nie, maar ook doeltreffender wanneer dit by verbruik kom.

“Die volgende faktor in die vermindering van brandstofverbruik is die bestuurstyl,” sê Coetzee. “Die manier waarop jy bestuur, kan jou voertuig se brandstofverbruik met tot 30% beïnvloed. Dis nogal baie.”

Virseker bied die volgende wenke vir groter brandstofdoeltreffendheid in die feestyd:

Exit mobile version