Site icon GeselsVersekering

Noue ontkoming vir bestuurders in botsing op die N9, Herold

Twee motors het vanoggend op hulle dakke beland na ‘n botsing op die N9 naby Herold.

‘n Swart Suzuki met een man in en ‘n wit VW Polo met ‘n vroue bestuurder was in teenoorgestelde rigtings onderweg toe die twee motors mekaar getref het. Dit is nie duidelik watter motor oor die middellyn beweeg het nie.

Albei bestuurders is per ER24-ambulans na hospitale in George geneem.

Sover vasgestel kan word is hulle ondanks die skade aan die voertuie, nie ernstig beseer nie.

[Oudtshoorn Courant]

Exit mobile version