Site icon GeselsVersekering

Proses begin vir aansoeke vir sekuriteitskameras na ooreenkoms tudden Vrystaat Landbou en Fidelity

 

Landbouverenigings en gebiedskantore van Vrystaat Landbou (VL) kan nou aansoeke indien oor kostes vir die oprigting van kamerastelsels in hul gebiede. Hiervoor het VL en Fidelity ADT, met wie daar in April 2019 ’n ooreenkoms begin is om misdaad voorkomend aan te spreek, ’n pro forma aansoekvorm ontwerp en kan kwotasies op dié manier aangevra word.

Volgens dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van VL, gaan hierdie vorms binnekort aan landbouverenigings en gebiedskantore gestuur word. Dit moet aan VL, wat ook sy streke se veiligheidsverteenwoordigers daaroor sal inlig, teruggestuur word, waarna dit aan Fidelity ADT deurgegee word. ’n Fidelity-verteenwoordiger sal dit verder hanteer en deurgee aan VL se Veiligheidskomitee om met die betrokke landbouvereniging of gebiedskantoor te kommunikeer.

“Die rede vir hierdie proses is om seker te maak daar kan opgevolg word indien ’n probleem onstaan,” sê Buys. “Die doel is ook om toe te sien dat daar op papier van hele proses rekord gehou word, hoe dit vorder en of dit suksesvol afgehandel is.”

Volgens Jakkals le Roux, Voorsitter van die Landelike Veiligheidskomitee by VL, gaan aansoeke vir kamerastelsels in landelike gebiede vir eers konsentreer op nasionale-, primêre, sekondêre- en tersiêre paaie. Vir GPS lesings, moet die “grade, minute en sekondes” stelsel gebruik word, sê hy.

Kwotasies moet nie onnodig duur, met verkeerde of ekstra installasies, gemaak word nie. Veral waar sogenaamde duur Licence Plate Recognition kameras geinstalleer moet word, moet dit as ’n primêre toegang en uitgangsroete aangedui word.

Vir die invul van die aansoekvorm waar GPS punte benodig word, kan Google Maps gebruik word om die GPS lesing te bekom. Hier moet die “grade, minute en sekondes” stelsel gebruik word. Dit moet op die aansoekvorm aangedui word, asook watter elektriese kragpunt beskikbaar is en of daar dalk van sonpanele gebruik gemaak moet word.

Exit mobile version