Site icon GeselsVersekering

Bestuurder gelukkig om besering te vermy in botsing teen kragpaal

In die derde botsing van die dag het ‘n Datsun GO om ongeveer 12:30 net buite Oudtshoorn ‘n kragpaal getref en gerol. Die bestuurder is nie beseer nie.

Volgens Duitse toeriste het die Datsun hulle verbygesteek toe die bestuurder beheer verloor het.

Die botsing was op die grottepad ongeveer 5 km buite Oudtshoorn.

Oudtshoorn Courant

 

Exit mobile version