Site icon GeselsVersekering

Beskerm kinders teen brandwonde by die huis

Ons het onlangs op die Blog Accidents.co.za meer inligting verskaf rakende die beskerming teen brandwonde en wil ook graag hier daaraan aandag verleen. Dit is uiters belangrik dat ons veral ons kinders beskerm teen brandwonde by die huis. Met die hulp van CrisisOnCall verskaf ons graag die volgende inligting:

BRANDWONDE BY DIE HUIS

‘n Algemene ongeluk wat tuis gebeur, is brandwonde. Die meeste ligte brandwonde herstel gewoonlik sonder om letsels te laat. Sommige rate kan egter meer skade as goed doen, wees dus baie versigtig.
Dít is wat jy moet (en nié moet) doen:

• Hou die gebrande area in koue of lou water vir 10 – 30 minute. (Moet nooit ys op ʼn brandwond sit nie – dit sal net meer skade aan die vel doen.)
• Om botter of olie op die brandwond te sit, help glad nie. Boonop kan jy jou vel braai!
• Verwyder klere of juwele naby aan die brandwond, maar moenie materiaal probeer verwyder wat aan die wond vassit nie. Jy sal die vel net verder beskadig.
• Moenie blase bars wat op die vel vorm nie. Die vel maak juis blase om ʼn beskermende lagie te skep.

Elektriese of chemiese brandwonde lyk nie altyd ernstig nie, maar enige brandwond is potensieel gevaarlik. Gaan so gou as moontlik na die naaste hospitaal met ʼn ongevalle-eenheid.

BRANDWOND KATEGORIEË

Brandwonde word in vier kategorieë geplaas:
• Eerstegraad: Vel sal net rooierig, soepel en ietwat geswel wees. Die wond sal toe, maar baie pynlik wees.
• Tweedegraad: Daar sal blase wees en die wond sal ook baie pynlik wees. Afhangende van die diepte van die wond onder die blaas sal dit baie rooi tot lig pienk wees. Die wond sal steeds soepel wees.
• Derdegraad: Hierdie wond sal baie pynlik wees en leeragtig voel. Die vel by die wond sal wit of roomkleurig wees. Spontane herstel is nie meer ʼn opsie nie.
• Vierdegraad: Hierdie wonde kan dieselfde as derdegraadse brandwonde lyk, maar in baie gevalle is die wond swart as gevolg van die brand. Dit is nie net die vel wat gebrand het nie, maar die
onderliggende weefsel ook. Derde- en vierdegraadse brandwonde sal nie self herstel nie en moet chirurgies met, onder andere, veloorplantings, reggestel word.

Hiermee ook die inligting in Engels vanaf Accidents.co.za:

Did you know?

It is important to remember that children, especially those ages 4 and under, may not perceive danger, have less control of their environment, may lack the ability to escape a life-threatening burn situation and may not be able to tolerate the physical stress of a burn injury.

Since burns are recognized as one of the most painful and devastating injuries a person can sustain and survive, we want to arm you with the tools to keep your children safe from this devastating injury. Here are a few tips that will help.

Top tips to keep your kids safe around the house.

KITCHEN AND HOT FOOD

BATHROOM

How do we respond having suffered burns?

Information from SAFEKIDS and ER24

Exit mobile version