Site icon GeselsVersekering

Is Jou Huis behoorlik Beveilig vir die Vakansie?

Neem jy enige stappe om te versker dat jou huis behoorlik beveilig is voordat jy elders met vakansie gaan? Ek onthou as kinders hoe ons saam met my pa gery het na die polisiekantoor om die huis “op te gee” vir hul toesig. Soos ek verstaan sou hul dan wanneer hul ry aan diens ook soms daar verby gaan. Die bure is ook ingelig rakende wanneer ons vertek en wanneer ons weer behoort terug te keer…

Ek weet nie of daar vandag heeltemal dieselfde vertroue is teenoor die polisie en of huiseienaars by die polisie wil rapporteer dat hul met vakansie gaan nie…

Daar is egter baie ander stappe wat die huiseienaar kan neem om te verseker dat sy huis beveilig word teen skade en inbraak.

Versekering en die Beveiliging van die Woonhuis

Deur nie die veiligheidstelsels na te gaan en te verseker dat die woonhuis beveilig is nie, stel die huiseienaar hom bloot aan onaangename verassings met sy terugkeer. Nie net mag hy groot skade ly agv inbraak en diefstal nie, maar daar is die nare realitieit dat sy versekeringseis ongeldig verklaar en van die hand gewys kan word!

Ons wil graag ‘n paar wenke aan die hand doen:

Maak seker dat jy die inhoud van jou versekeringspolis verstaan!

Let veral op die volgende:

 

Verpligtinge van die Versekerde Huiseienaar

‘n Versekeringspolis stel beide regte en verpligtinge vir beide partye. Is jy as versekerde bewus wat van jou verwag word ten einde jou deel van die ooreenkoms na te kom? Nakoming van jou verpligtinge sal die kanse dat ‘n eis van die hand gewys word aansienlik verminder!

Verpligtinge kan insluit:

-Om te verseker dat sekuriteitstelsels behoorlik funksioneer en dat die alarmstelsel effektief geaktiveer is. Dit sluit in die verpligting om te verseker dat jou premies aan die gewapende reaksie sekuriteitsmaatskappy ten volle betaal is en dat hierdie diens geaktiveer is wanneer jy met vakansie vertrek. Indien jy versuim om die ooreengekome stappe te neem sal jou ”jaareind- bonus” dalk net gebruik word om huisinhoud te moet vervang…

Prioriteitslys om na te gaan

Max Huggins MiWay Hoof van Eise

Ons wil graag aanbeveel dat die volgende aspekte die hoogste prioriteit geniet:

 

Jou huis behoort nou goed beveilig te wees – en jy kan jou vakansie geniet! Onthou om jou versekeringspolis na te gaan en waardevolle items wat nuut aangekoop is gedurende die jaar te spesifiseer.

[‘n Woord van dank ook aan Max Huggins MiWay Hoof van Eise vir aanbevelings]

Exit mobile version