Lexus RC-koepee op pad na Suid-Afrika

Lexus stel hiermee bykomende foto’s van sy RC-koepee, wat produksiegereed is en vandeesweek by die Tokio-Motorskou onthul is, bekend.

Net om kortliks te herhaal:

  • Hoewel die RC op die GS-platform gebou is, is dié koepee nie bloot net ’n tweedeur-weergawe van die sedan nie. Wat grootte betref, vul die RC ’n unieke posisie in die Lexus-reeks – die koepee is 30 mm breër, 35 mm laer en 70 mm korter as die IS-sedan, wat die nuweling ’n klassieke koepee-voorkoms gee.

 

  • Wanneer die motor amptelik bekend gestel word, sal die RC 350 met ’n V6-enjin van 3,5 liter wat 234 kW lewer en aan ’n agtgang-tikratkas gekoppel is, bekend gestel word. Die RC 300h-hibriedmodel sal ’n petrol-enjin van 2,5 liter hê, wat 131 kW lewer (die algehele stelselverrigting kom op 220 kW te staan) en aan ’n elektroniese palwissel-transmissie (ECVT) gekoppel wees.

 

  • Die Lexus RC-koepee sal sy Suid-Afrikaanse buiging in die tweede helfte van 2014 maak. Die verskillende modelle en toerustingpakkette sal nader aan die bekendstelling aangekondig word.

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Lexus RC-koepee op pad na Suid-Afrika