Wat is die wetlike vereistes by ‘n tydelik bemande spoedlokval?

Vraag:

Die wet bepaal dat ‘n tydelike kamera spoedlokval aan die volgende vereistes moet voldoen:

(1) Die beamptes wat die kamera beheer moet beskik oor ‘n geldige bevoegdheidssertifikaat

(2) Die betrokke kamera toerusting moet ook oor ‘n geldige bevoegdheidssertifikaat beskik

(3) Vooraf goedkeuring moet verkry word vir die dag en plek waar die kamera toerusting gebruik sal word.

Bevestig asseblief dringend of dit korrek is en ingevolge watter artikels van die wet. Die terugvoering kan aan my e-pos adres gestuur word.

Antwoord:

Punt 1 en 2 is korrek maar nie punt 3 nie. Die toestemming is slegs nodig as die beamptes nie dadelik die persoon stop nie en dit hoef net vir die plek te wees, nie dag en tyd nie. Dit is ‘n uittreksel uit die guideline dokument wat net oor kameras handel waar die beampte kameras gebruik word en die persoon die kennisgewing deur die pos ontvang.

 

Groete

Alta

Alta Swanepoel and Associates

Besoek ook:

Traffic/ Speed Enforcement and Enforcement Guidelines

Prosecuting Guidelines

Posted on by jonckie

Comments Off on Wat is die wetlike vereistes by ‘n tydelik bemande spoedlokval?