Versekering moet in plek wees wanneer bergklimmers die hoogste pieke aandurf!

Pieke van Aconcagua in Suid-Amerika - 6962 meter hoog

Bloemfontein prokureur en besigheidsman Henk Cronje het onlangs terugggekeer van die hoogste berg in die Amerikas – Aconcagua, en ek het besluit om aan Henk ‘n paar vrae te rig oor sy passie vir bergklim.

Ek ken Henk vanuit sy studentedae as student in die regte en as ‘n “denker” en analitiese persoon weet ek dat hy nie sommer roekeloos homself sal begewe in ‘n adrenalien sport nie. Ek wou graag meer uitvind oor die stappe wat geneem word om sukses en veiligheid te verseker nie net vir homself nie maar ook vir die lede van sy gesin.

Watter berge het jy reeds geklim? Kan jy ons so ‘n kort oorsig gee?

1.Kilimanjaro 2003 – 5895 meter hoog gemelde berg hoogste in Afrika.(gelee in Tanzania)

2.Elbrus 2010 -5642 meter hoogste in Europa en Rusland.(gelee in Rusland)

3.Mont Blanc 2011 – 4810 meter hoogste in Wes Europa.(gelee in Frankryk)

4.Aconcagua 2012 – 6962 meter hoog hoogste in die Amerika’s.(gelee in Argentina)

;

Waar het jou passie vir bergklim sy oorsprong gevind?

Ek het in 2003 Kilimanjaro gaan klim, omrede dit is vir my lekker was om in die natuur te wees , en die gevoel om op die hoogste piek van n kontinent te staan was n gevoel wat jy nie kan beskryf nie. Ek het toe in 2009 besluit om die “seven summits” te doen – ‘n klim na die hoogste piek op elke kontinent.

Watter stappe word daar geneem tydens voorbereiding om sover moontlikheid fisisies welstand te verseker van die klimmers voordat met die klim begin word?

Jou fisiese en psigiese welstant is van kardinale belang. Ek het n uitgewerkte oefen program wat n kombinasie is van gym-werk(krag) en kardio-werk, volgens kenners moet jy op kardiovlak n ten minste ‘n half marathon kan hardloop en moet jy met betrekking tot krag met gemak 25 kg vir 15 ure kan drae.

Op n psigiese vlak moet jy sterk wees. As n sneeustorm jou tref is jy basies vasgevang in jou tent en so n storm kan van n paar uur tot weke duur. Een van ons mede klimmers op Elbrus n dokter van Kanada het Denali gedoen, hulle was 21 dae vasgesneeu.

Watter maatreels word getref ten opsigte van mediese sorg tydens die klim en moontlike noodsituasies/ evacuation?

Gemelde vraag moet drieledig beantwoord word:

Eerstens: Goeie mediese versekering wat ‘high altitude climbing’ wel dek moet bekom word. Ek gebruik tans Discovery Mediese Fonds.

Tweedens: ‘Search & Rescue’ op die berg moet vooraf uitgewerk word indien iets verkeerd loop. Die nodige versekerings inligting moet by ‘n verantwoordelike person by ‘Base Camp’ gelos word. Dit is baie belangrik om uit te vind of jou versekering ‘Search & Rescue’ insluit of net ‘rescue’. Meeste versekerings is bereid om jou te gaan red, maar nie om jou te gaan soek nie.

Elke berg is anders. Daar moet vasgestel word watter mediese en ‘Search & Rescue’ fasiliteite bied die plaaslike owerheid onder wie die berg val asook die ekspedisie maatskappy waardeur jy boek. Byvoorbeeld by Aconcague in Argintinie het die plaaslike owerheid dokters asook helicopters beskikbaar gestel in geval van nood. Daar was ook ‘high altitude rescue huts’ op die berg wat radio fasiliteite gehad het asook oor mediese fasiliteite beskik het in geval van nood. (Navorsing oor elke ekspidisie is dus baie belangrik)

Derdens: Persoonlike medikasie soos Diamox wat ‘high altitude sickness’ voorkom is noodsaaklik.

Wat is die vernaamste gevare wat jul moet trotseer?

Die vernaamste risikos is dehidrasie, koue, ‘frostbite’, ‘high altitude sickness’ en wanvoeding:

1. Dehidrasie kan voorkom word om tussen 3 en 5 liter vloeistof ‘n dag in te neem. Hierdie is egter noodsaaklik om akklimatisering te verbeter.

2. Die regte toerusting wat insluit: Klere, slaapsakke, tente en skoene is noodsaaklik en hierdie toesusting behoeftes wissel van berg tot berg. Weereens is dit dus noodsaaklik om die nodige navorsing te doen om te bepaal watter toerusting om saam te neem, aangesien alles oor gewig gaan.

3. ‘High altitude sickness’ is ‘n baie groot risiko op die berg en kan vehoed word deur: Eerstens die nodige medikasie te drink. Tweedens baie vloeistowwe per dag in te neem. Derdens voldoende voeding en vierdens om die berg stadig op te klim wat insluit akklimatiserings dae, wat basies beteken ‘climb high, sleep low’.

As Besigheidsman , pa en broodwinner – wat is vir jou uit die oogpunt van versekering die belangrikste? Het jy versekeringprodukte bestudeer ten opsigte van dood en ongeskiktheid voordat jy finaal besluit het om hierdie gevaarlike aktiwiteit aan te pak?

Ons het uit die aard en erns van die saak verskeie versekerings produkte bestudeer. Die realiteit was dat sonder die regte versekering dit nie vir my ‘n opsie sal wees om hierdie risikos te neem nie. Ek het dus met verskeie lewensversekerings maatskappye in gesprek getree en het ek tot my skok agtergekom dat van hierdie maatskappye se jaarlikse beladings as gevolg van die bergklim somtyds meer as die ekspidisie sal kos. Ons het toe met behulp van my makelaar Willie Smit in gesprek getree met PPS waarna ons ons behoeftes aan hulle verduidelik het.

PPS het toe onderneem om my ekspidisies ten volle te dek sonder beladings en uitsluitings aangesien dit hulle teiken mark is (professionele persone) wat wel aan soortgelyke aktiwiteite gaan deelneem.

Jy kan vir Willie Smit kontak indien jy meer besonderhede van die versekerings gedeelte benodig: 0824535248 of w.smit@iafrica.com

Voel jy dat jy met die regte versekering in plek nou met groter gemoedsrus hierdie pieke kan aandurf?

Ja, op hierdie stadium is my medies en lewensversekering volgens my in plek en het ek gemoedsrus daaroor.

Is daar ‘n uiteindelike doelwit en tydsbepaling waarbinne jy dit wil bereik?

My doelwit is om die ‘Seven Summits’ te voltooi en dit binne die volgende vyf jaar te doen.

Besoek ook:

Insurance for professionals participating in mountain climbing and extreme sports

How do mountain climbing and extreme sports affect your life insurance?

Posted on by jonckie

Comments Off on Versekering moet in plek wees wanneer bergklimmers die hoogste pieke aandurf!