Prins Albert Munisipaliteit verwelkom nuwe brandweervoertuig

Prins Albert se lang verwagte, volledig toegeruste en moderne brandweervoertuig is pas afgelewer. Dis een van tien voertuie wat die Wes-Kaapse regering aan landelike munisipaliteite geskenk het om hulle weerbaar te maak teen brande en ander rampe. Dié provinsie is nou die enigste waar elke munisipaliteit ‘n brandweervoertuig het om sulke dienste te kan lewer. […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Prins Albert Munisipaliteit verwelkom nuwe brandweervoertuig