Pad gesluit na ongeluk tussen Calitzdorp en Oudtshoorn

Die Calitzdorp-pad sal vir ‘n ruk gesluit wees na ‘n ongeluk vroeg vanoggend. Nooddienspersoneel is op die toneel en is besig om die ernstig beseerde man uit die bakkie te sny. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die man wat vanoggend in ’n ongeluk op die Calitzdorp-pad betrokke was is uit […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Pad gesluit na ongeluk tussen Calitzdorp en Oudtshoorn

Bestuurder vir 3 ure vasgevang in vragmotor wat rol buite Oudtshoorn

Die bestuurder van ‘n vragmotor wat Donderdagmiddag 8 Julie op ‘n grondpad omgeslaan het, was vir bykans drie ure in die kajuit van die vragmotor vasgepen terwyl reddingswerkers gespook het om hom te bevry. Die ongeluk het Donderdag om ongeveer 12:50 op die Lategansvlei-pad tussen Lategansvlei en Matjiesrivier gebeur. ‘n Konvooi vragmotors van Garden Route-distriksmunisipaliteit […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bestuurder vir 3 ure vasgevang in vragmotor wat rol buite Oudtshoorn

Vurkhyser bestuurder beseer na ongeluk in Oudtshoorn

‘n Wit Toyota Corolla en ‘n vurkhyser het ‘n rukkie gelede met mekaar in St. Johnstraat gebots. Die passasier van die Toyota en die drywer van die vurkhyser is met ligte beserings per ambulans na die Oudtshoorn-hospitaal geneem. Die ongeluk het direk voor ‘n supermark plaasgevind wat grootmaat kruideniersware verkoop. Die vurkhyser behoort aan die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vurkhyser bestuurder beseer na ongeluk in Oudtshoorn

7-Jarige sterf in botsing in Oudtshoorn

Die Oudtshoorn-polisie het by navrae bevestig dat ‘n klag van strafbare manslag teen die bestuurder van ‘n voertuig geopen is na ‘n 7-jarige seun vanoggend in Dassieweg doodgery is. Na bewering was die 26-jarige bestuurder op pad om sy vriendin se kinders by die skool af te laai toe die ongeluk gebeur. Volgens die bestuurder, […]

Posted on by jonckie

Comments Off on 7-Jarige sterf in botsing in Oudtshoorn

Motorfietsryer beseer in ongeluk in Meiringspoort

‘n Motorfietsryer wat vroeër vandag in Meiringspoort in ‘n ongeluk betrokke was, is hospitaal toe geneem met ligte beserings. Hy was deel van groep motorfietsryers wat van Kimberley na Mosselbaai onderweg was. Hy was alleen op die 1600cc BMW toe hy in ‘n draai die pad byster geraak en op rotse onder in die rivierloop […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Motorfietsryer beseer in ongeluk in Meiringspoort

Drie mans sterf toe voertuig rol buite Oudtshoorn

Drie families van Oudtshoorn is in rou gedompel nadat drie mans Maandagmiddag in ‘n ongeluk buite Oudtshoorn omgekom het. ‘n BMW X5 met vyf insittendes het omstreeks 12:00 ongeveer 5 km buite Oudtshoorn die pad verlaat en gerol. Al vyf insittendes is uit die voertuig geslinger. Die polisie op Oudtshoorn het bevestig Ernest Oktober (28), […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Drie mans sterf toe voertuig rol buite Oudtshoorn

Noue ontkoming vir motoris na botsing teen vragmotor tussen Oudtshoorn en George

Een persoon is lig beseer na ‘n ongeluk tussen ‘n VW Golf en ‘n vragmotor op die George-pad vroeër vanaand. Volgens die vragmotorbestuur was hy in George se rigting onderweg. Die Golf het van voor gekom op pad na Oudtshoorn. “Die bestuurder van die Golf het in die verkeerde baan gery en ek het vir […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Noue ontkoming vir motoris na botsing teen vragmotor tussen Oudtshoorn en George

Bestuurder ongedeerd na voertuig rol op pad tussen Oudtshoorn en George

Die bestuurder van ‘n Suzuki is ongedeerd na ‘n ongeluk op die Georgepad vanoggend. Volgens hom, het hy vanuit George se rigting gekom toe hy beheer oor die voertuig verloor het. Die motor het eers ‘n reling getref en toe op sy dak in die pad te lande gekom. Oudtshoorn Courant 

Posted on by jonckie

Comments Off on Bestuurder ongedeerd na voertuig rol op pad tussen Oudtshoorn en George

Bestuurder beseer toe bakkie die pad verlaat in Oudtshoorn

Die bestuurder van ‘n Isuzu-bakkie is vanoggend deur paramedici hospitaal toe geneem nadat hy beheer oor die bakkie verloor het. Hy het vermoedelik ’n heupbesering opgedoen. Die ongeluk het op die hoek van Andersonstraat en Parkweg plaasgevind. Volgens inligting wat die Oudtshoorn Courant op die toneel bekom het, het die bestuurder se deur blykbaar oopgegaan […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bestuurder beseer toe bakkie die pad verlaat in Oudtshoorn

Staatsamptenaar ry vas teen heining buite Oudtshoorn

Die bestuurder van ‘n VW Polo met ‘n staatsdiensregistrasie, is vanoggend hospitaal toe geneem nadat die voertuig die pad verlaat het en op ‘n heining beland het. Volgens die bestuurder van ‘n ander voertuig, ‘n Fiat bakkie, het hy agter die Polo en ‘n Ford Focus gery. Hy het die Polo begin verbysteek toe die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Staatsamptenaar ry vas teen heining buite Oudtshoorn