Maak bandeveiligheid jou voorkeur vir 2014 vra Bridgestone

Die bandevervaardiger Bridgestone het ’n beroep op motorryers gedoen om bandeveiligheid een van hul nuwejaarvoornemens vir 2014 te maak. “Baie botsings in Suid-Afrika word veroorsaak deur bande wat skielik ingee,” het Bester Betha, Bridgestone se bestuurder vir praktiese ingenieurswese, gesê. “Motoriste kan die gevaar van bande wat skielik meegee of bars, aansienlik verminder deur bewus […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Maak bandeveiligheid jou voorkeur vir 2014 vra Bridgestone

Bloemfontein verras met stand van bande – Bridgestone

Bande van Bloemfontein se voertuie is naby aan die bopunt van Bridgestone se reeks openbare peilings wat banddruk en toestand betref. Dít blyk uit die jongste bande-peiling, wat op 24 Augustus in die parkeerterrein van die Suidelike Sentrum-Pick n Pay gedoen is. “Hoewel Bloemfontein se bestuurders nie dieselfde rekord-hoogtepunt van dié in die Centurion-peiling vroeër […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bloemfontein verras met stand van bande – Bridgestone

Ecopia kry waarborg teen skade – Bridgestone

Johannesburg (5 September 2013) Bridgestone het motoriste daaraan herinner dat al sy gevorderde omgewingsvriendelike Ecopia-passasiersbande nou met ’n gratis bandskade-waarborg beskikbaar is. Dié waarborg was voorheen net vir Firestone-passasiersbande beskikbaar, maar is aan die einde van Julie 2013 na die Ecopia-reeks uitgebrei. Jan Maritz, promosiebestuurder van Bridgestone Suid-Afrika, het gesê die Ecopia-bandskade-waarborg is identies aan […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Ecopia kry waarborg teen skade – Bridgestone

Wildtuin-botsingstatistiek daal danksy Bridgestone-opleiding

Johannesburg (8 Julie 2013) Omvattende bande- en voertuig-veiligheidsopleiding het die voorkoms van arbeidsongeskiktheidsbeserings weens voertuigbotsings waarby werknemers van die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeraad (SANParke) se afdeling vir sosiale biodiversiteitsprojekte (BSP) betrokke is, aansienlik verminder. Sulke beserings het volgens Bridgestone se opleidingsbestuurder, Mickey Von Maltitz, aansienlik teenoor dié in 2011 verminder. “SANParke het Bridgestone in 2011 om […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Wildtuin-botsingstatistiek daal danksy Bridgestone-opleiding

Nuwe Bridgestone 4×4-reeks vir 2013

Johannesburg (18 Desember, 2012) Bridgestone Suid-Afrika se 4×4 Fundi-uitdaging sal van 2013 af as die Bridgestone 4×4-klub-uitdaging bekend staan. Hierdie aankondiging is vandag deur Daniel Barbosa, organiseerder van die uitdaging, gedoen. “Ons het besluit om die fokus van die uitdaging te verander – van individue wat hulself en sekere klubs verteenwoordig, na ’n meer regstreekse […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Nuwe Bridgestone 4×4-reeks vir 2013

Bridgestone gee vyf beste bandewenke vir vakansie

Johannesburg (10 Desember, 2012) Die bandevervaardiger Bridgestone het sy vyf beste bandwenke om bandeprobleme hierdie vakansie te voorkom aangekondig, en die goeie nuus is dat bande-ondersoeke maklik binne bereik van die gemiddelde motoris is. “Goeie bande-instandhouding is ’n geval van weet wanneer om dit na te gaan,” het Mandy Lovell, Bridgestone se skakelbestuurder, gesê. “Die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bridgestone gee vyf beste bandewenke vir vakansie

Veiligheid deurslaggewend by aankoop van eerste motor

Johannesburg (Oktober 30, 2012) Die bandevervaardiger Bridgestone het daarop gewys dat ouers veiligheid as ’n groot oorweging moet beskou wanneer hulle hul kinders se eerste motor aanskaf. “Ons paaie bly ten spyte van ’n effense daling in Suid-Afrika se padsterftesyfer die afgelope jaar of twee steeds baie, baie gevaarlik,” het Bridgestone se skakelbestuurder, Mandy Lovell, […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Veiligheid deurslaggewend by aankoop van eerste motor

Die Vriendelike Stad Port Elizabeth neem voortou in bandetoestand-peiling

―Min beskadigde bande in Port Elizabeth aangeteken―   6 Junie 2012 Bridgestone se voortdurende Bandepeiling het ’n groot mylpaal bereik toe die tweede ronde van die 2012-peiling ’n draai in Port Elizabeth gemaak het – die tuiste van dié bandevervaardiger se twee Suid-Afrikaanse aanlegte. Die peiling, wat op 26 Mei in die parkeerterrein by Pick […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Die Vriendelike Stad Port Elizabeth neem voortou in bandetoestand-peiling

Rokende wegspring vir Bridgestone 2012-bandeveiligheidspeiling

― Motorryers ernstig oor bande-veiligheid ― Bridgestone se voortgesette Bandeveiligheidsondersoekprojek het die begin van die 2012-ondersoekseisoen gevier deurdat dié vervaardiger die hoogste persentasie bande met die regte druk tot nog toe op een enkele plek aangeteken het. Dié nuwe maatstaf is in die eerste Veiligheidsondersoekbyeenkoms van die jaar, wat in Februarie in samewerking met Pick […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Rokende wegspring vir Bridgestone 2012-bandeveiligheidspeiling