Die toestand van jou bande beinvloed nie net jou eie veiligheid nie maar ook die van ander op die pad!

Hoe dikwels gaan jy jou bande na? Stap jy soms om die voertuig voor jou vertrek om te verseker dat hul almal in ‘n goeie toestand is en let jy ook op die toestand van die spaarwiel? Baie dikwels word ons eie voertuig se bande nagegaan maar nie die bande van ‘n waentjie wat ons […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Die toestand van jou bande beinvloed nie net jou eie veiligheid nie maar ook die van ander op die pad!

Bridgestone-klubuitdaging ’n eindstryd met ’n verskil!

Die eindronde van die 2013-Bridgestone-4×4-klubuitdaging het tot ’n veeleisende stryd tussen die 30 topspanne by die Gerotek-voertuigtoetsgeriewe naby Pretoria gelei. Niks kon die deelnemers egter voorberei op dít wat die organiseerders in die mou gevoer het nie! Dit was amper soos in die feëverhaaltjie met die spieëltjie-spieëltjie-aan-wand-vraag: watter fabrikaat 4×4 is werklik beter as die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bridgestone-klubuitdaging ’n eindstryd met ’n verskil!

Wes-Kaap neem die voortou in Bridgestone-bandepeiling

Bridgestone se bandeveiligheidsprojek vir 2013 het op hoë noot afgesluit – die laaste peiling vir die jaar, wat op 9 November in die parkeerterrein van die Pick n Pay-hipermark in Ottery in Kaapstad gedoen is, het ’n aansienlike styging in bandeveiligheid teenoor die bandepeiling wat in 2012 op dieselfde plek gedoen is, getoon. “Die verbetering […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Wes-Kaap neem die voortou in Bridgestone-bandepeiling

Nuwe Bridgestone-band verlaag vlootadministrasie drasties

Bridgestone het pas ’n gevorderde nuwe band vir vragmotors en busse onthul wat die groot kopsorg oor die bestuur van ’n vloot se bande geheel en al uitskakel – die rotering van bande tussen die dryfasposisies aan die voertuig. “Bandrotering is ’n algemene vlootbestuurproses om die gemiddelde leeftyd van bande te verleng, maar dit het […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Nuwe Bridgestone-band verlaag vlootadministrasie drasties

Jeep steek Rubicon in Bridgestone-Uitdaging oor

Jeeps is dié soort veldryvoertuie wat oor of deur omtrent enigiets waarheen ’n mens die neus draai, sal kruip. Die onlangse Bridgestone-4×4-klubuitdaging, wat deur die Jeep-klub SA aangebied is, het ’n groot aantal Jeep-eienaars die geleentheid gegee om hierdie teorie te beproef en om ’n podiumposisie en ’n plek in die eindronde van die 4×4-klub-uitdaging […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Jeep steek Rubicon in Bridgestone-Uitdaging oor

Wildtuin-botsingstatistiek daal danksy Bridgestone-opleiding

Johannesburg (8 Julie 2013) Omvattende bande- en voertuig-veiligheidsopleiding het die voorkoms van arbeidsongeskiktheidsbeserings weens voertuigbotsings waarby werknemers van die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeraad (SANParke) se afdeling vir sosiale biodiversiteitsprojekte (BSP) betrokke is, aansienlik verminder. Sulke beserings het volgens Bridgestone se opleidingsbestuurder, Mickey Von Maltitz, aansienlik teenoor dié in 2011 verminder. “SANParke het Bridgestone in 2011 om […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Wildtuin-botsingstatistiek daal danksy Bridgestone-opleiding

Bridgestone bekommerd oor Kaapse bandepeiling

Johannesburg (3 Desember, 2012) Bridgestone Suid-Afrika se projek vir bandepeilings vir 2012 het met die laaste peiling vir die jaar, wat in November in die parkeerterrein van Pick and Pay se Ottery-tak naby Kaapstad gedoen is, afgesluit. Altesaam 1 220 bande aan 305 voertuie se toestand, loopvlakdiepte en banddruk is nagegaan. Elke band is net […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bridgestone bekommerd oor Kaapse bandepeiling

Groener bande is kinderspeletjies

Johannesburg (November, 2012) Groener motorry het geblyk ’n groot treffer onder kinders te wees wat verlede week (6 November) die Projek DAD-byeenkoms bygewoon het. Projek DAD is ’n voortdurende inisiatief om dronkbestuur te bekamp en padveiligheid onder jongmense te bevorder. Die bandevervaardiger Bridgestone het sy Ecopia Trike, ’n driewiel-fiets wat met die maatskappy se Ecopia-bande […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Groener bande is kinderspeletjies

Bande-ondersoek moet deel wees van die vakansiereis

Johannesburg (November 12, 2012) Die bandevervaardiger Bridgestone het gesê motoriste wat op vakansiereis is, moet elke stilhoukans gebruik om ook seker te maak die voertuig se bande is nog in ’n goeie toestand. “’n Rit van Johannesburg na Kaapstad behels sowat 1 500 km se wisselende padtoestande,” het Mandy Lovell, Bridgestone Suid-Afrika se skakelbestuurder, gesê. […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bande-ondersoek moet deel wees van die vakansiereis