Vinnige optrede deur Polisie lei tot herwinning van 50 skape in die Brandfort area

ʼn Veediefstal wat plaasgevind het op 19 Februarie 2022 in die Brandfort-area, was vinnig en effektief deur die SAPD se spesialis eenhede aangespreek. Gedurende dié Sondagnag is 48 Dorper ooie en 2 ramme ter waarde van R155 000 gesteel. Die vinnige rapportering van die saak by die plaaslike polisie het daartoe gelei dat ʼn Veediefstal […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vinnige optrede deur Polisie lei tot herwinning van 50 skape in die Brandfort area

Opkomende boere uitgelewer aan veediewe meen Vrystaat Landbou (VL) en die Rooivleis Produsente Organisasie (RPO)

Opkomende boere in die Phuthaditjhaba- area is totaal uitgelewer aan veediewe en ontvang min of geen ondersteuning van die polisie nie. Dit is die slotsom waartoe Vrystaat Landbou (VL) en die Rooivleis Produsente Organisasie (RPO) gekom het tydens ’n Imbizo by Phuthaditjhaba polisiestasie in Qwaqwa op 15 Februarie 2022. Die Imbizo wat hoofsaaklik oor veediefstal […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Opkomende boere uitgelewer aan veediewe meen Vrystaat Landbou (VL) en die Rooivleis Produsente Organisasie (RPO)

Vrystaat Landbou stel Distrik-vloedrampverklaringsproses in werking

60% en dalk meer van gesaaides in die Wes Vrystaat is in gedrang weens erge vloedskade. “Dringende ingryping gaan nodig wees om te help om vloedgeteisterde boere in die Lejweleputswa-distrik op hul grond te hou” sê Jakkals le Roux, Vrystaat Landbou (VL) verteenwoordiger vir die Nala Munisipale area wat groot mielieproduserende streke van Wesselsbron en […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou stel Distrik-vloedrampverklaringsproses in werking

Afsterwe van leier jongboer laat groot leemte vir landbou

Vrystaat Landbou (VL) het met skok kennis geneem en betreur die afsterwe van Jacobus Stroebel, VL se gewese vise-president, op 27 Desember 2021. Jacobus, sy dogtertjie Marelize en sy moeder, Miempie het in ‘n motorbotsing naby Bloemfontein op die N6 gesterf. Francois Wilken, president van VL, sê dat Jacobus diep spore in die organisasie getrap […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Afsterwe van leier jongboer laat groot leemte vir landbou

Nuttige wenke vir veiligheid in die feesseisoen

Of jy nou Desember koers kies met vakansie of dalk met Jan Tuisbly se karretjie ry, is veiligheid tuis of op die pad altyd belangrik. Sonder twyfel was dit ’n moeilike jaar en is dit verstaanbaar dat jy daarna uitsien om te ontspan. Maar ongelukkig kan jy nie op jou louere rus as dit oor […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Nuttige wenke vir veiligheid in die feesseisoen

Ekstra paraatheid nodig tydens die Feestyd!

Die Vrystaat is in rou nadat twee boere binne 24 uur in die provinsie vermoor is. Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou se Landelike Veiligheidskomitee, het sy innige meegevoel met die naasbestaandes van Christian van Tonder (Lindley) en Johan Prinsloo (Koppies) betuig. Prinsloo se aanvaller is noodlottig deur die polisie gewond, terwyl daar blykbaar […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Ekstra paraatheid nodig tydens die Feestyd!

Geen rede om Vervoermaand in die Vrystaat te vier nie

Terwyl die Vrystaatse provinsiale regering gedurende Oktober Vervoermaand “gevier” het, is Vrystaatse boere gedwing om nood padherstelwerk te doen om die lewensgevaarlike toestand van paaie in die provinsie aan te spreek in afwagting op verhoogde verkeer oor die feesseisoen. Volgens dr Jack Armour, Vrystaat Landbou se kommersiële bestuurder, is boere woedend oor die gebrek aan […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Geen rede om Vervoermaand in die Vrystaat te vier nie

Vrystaat Landbou bevraagteken onbekostigbare ESKOM-tariefpryse by openbare verhoor

Vrystaat Landbou (VL) gaan die wyse waarop ESKOM toegelaat word om onbekostigbare tariewe vas te stel ernstig bevraagteken tydens ‘n openbare verhoor op Vrydag 5 November met NERSA, die nasionale Energiereguleerder. Die multi-jaar-prysbepaling metodologie sal op 31 Maart 2022 eindig, wat impliseer dat ‘n nuwe of hersiene metodologie vereis word. NERSA het in September 2021 […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou bevraagteken onbekostigbare ESKOM-tariefpryse by openbare verhoor

Oorgrens plaasaanvalle uit Lesotho kommer na soveelste skietvoorval

Vrystaat Landbou (VL) het sy ernstige kommer oor die veiligheid van landbougemeenskappe langs die Lesothogrens uitgespreek, na die soveelste insident waartydens drie plaaswerkers tydens ’n skietvoorval beseer is. Een van die werkers het weens sy beserings beswyk. Vrystaat Landbou het bevestig dat die werkers op 28 Oktober 2021 op die plaas Balmacara in die Vanstadensrus-area […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Oorgrens plaasaanvalle uit Lesotho kommer na soveelste skietvoorval

Georganiseerde landbou moet belange van lede voorop stel, sê Vrystaat Landbou

“Georganiseerde landbou se rol is nie om die staat of regerende party se politieke agenda deur te voer nie, maar om die belange van hul lede – die boere- en landbougemeenskap, voorop te stel. ” Dit is volgens Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), belangrik om ’n veilige en volhoubare landbou-omgewing daar te stel, […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Georganiseerde landbou moet belange van lede voorop stel, sê Vrystaat Landbou