R30-pad een van vele lewensgevaarlike paaie

“Die R30 is maar een van die vele lewensgevaarlike paaie wat deur die hele Vrystaat gaan. Paaie is ’n groot ekonomiese lewensaar deur die provinsie en moet doeltreffend in stand gehou word.” Dit was die boodskap wat dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou (VL), weereens aan die Premier en provinsiale amptenare oorgedra het […]

Posted on by jonckie

Comments Off on R30-pad een van vele lewensgevaarlike paaie

Vrystaatse premier ontvang memorandum van boere

“Die huidige verskriklike toestand van meeste van ons Vrystaatse paaie kan nie net aan die swaar reën toegeskryf word nie, maar aan swak bestuur en verwaarlosing deur die Vrystaatse regering.” Dit was die openingsverklaring van die memorandum wat Vrystaat Landbou (VL) vandag aan die Vrystaatse Premier oorhandig het tydens haar besoek aan die Hoopstad-omgewing. Volgens […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaatse premier ontvang memorandum van boere

Departement kan nie teer lewer, boere herstel R505 en R59 uit eie sak

Nadat Mooiveld Boerevereniging van die Wesselsbron omgewing vir byna ’n jaar die departement van paaie moes smeek vir teer, het hul uit desperaatheid maar weer hand in eie sak gesteek om die R505 en R59 rybaar te kry. “Ons vra al sedert April 2021 dat die departement slegs die teer voorsien om die twee onderskeie […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Departement kan nie teer lewer, boere herstel R505 en R59 uit eie sak

Paaie departement se nalatigheid beïnvloed lewering van voedsel vanaf plase

As die paaie departement dit nie doen nie, doen ons dit self. Dit was die rede waarom talle boere en plaaswerkers van Reitz-Oos op 18 April, terwyl dieres van die land heerlik ontspan het tydens Paasnaweek, druk besig was om die S1421-pad(Reitz/Warden-grondpad) te herstel. Jan Briel, ’n boer van die omgewing, sê dat dié pad […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Paaie departement se nalatigheid beïnvloed lewering van voedsel vanaf plase

Boere moeg vir swak diens en vervalle paaie

Dit is waarom boere in die Allanridge-omgewing vanoggend, 10 Mei 2022, die S-86 met bakkies en sleepwaens blokkeer het om hul misnoeë met die departement van paaie te demonstreer weens die departement van paaie se onvermoë om die R-30- pad te herstel. Die R-30-pad naby Allanridge, wat al as die ‘doodspad’ bekend staan, is al […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Boere moeg vir swak diens en vervalle paaie

Heilbron-boere versoek beter polisiëring infrastruktuur om veediefstal aan te spreek

Boere in die Heilbron en omliggende gebiede meen hulle is totaal uitgelewer aan veediefstal. Dié inligting het aan die lig gekom tydens ʼn vergadering op 24 Maart 2022 in Heilbron waar Vrystaat Landbou (VL) en die Rooivleis Produsente Organisasie (RPO) met boere in die Heilbron en omliggende gebiede vergader het. Volgens Isabel Kruger, voorsitter van […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Heilbron-boere versoek beter polisiëring infrastruktuur om veediefstal aan te spreek

OUTsurance-kliënte geniet toegang tot onmiddellike mediese hulp ASOOK die naaste gewapende reaksie-eenheid, sonder enige addisionele koste

OUTsurance se innoverende Panic Assistance-funksie op die OUTsurance-app sluit nou ook mediese hulp in. Met dié funksie kan gebruikers mediese hulp of die naaste gewapende reaksie-eenheid ontbied, wanneer hulle dit nodig het, waar hulle ook al is. OUTsurance-polishouers hoef nie ‘n addisionele premie te betaal nie en diegene wat nie by OUTsurance verseker is nie, […]

Posted on by support

Comments Off on OUTsurance-kliënte geniet toegang tot onmiddellike mediese hulp ASOOK die naaste gewapende reaksie-eenheid, sonder enige addisionele koste

Vrystaat Landbou dra by tot lugspuit van sprinkane in Noord-Kaap

‘n Skenking van R50 000 is deur Vrystaat Landbou goedgekeur om aan die Agri SA Disaster Relief Foundation oor te betaal. “Dit is met groot dank en waardering aan ons buur provinsie vir hulle harde werk om die sprinkane te vernietig voordat hulle kans kan kry om na die Vrystaat toe oor te vlieg” sê […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou dra by tot lugspuit van sprinkane in Noord-Kaap

Vrystaat Premier vergeet landelike gemeenskappe se motoriste

“Ons is uiters bekommerd dat die provinsiale toekenning vir die herstel en instandhouding van grondpad herstelwerk meer as gehalveer is,” sê Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL). Die premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela, het Maandag in haar provinsiale rede aangekondig dat die Vrystaat slegs R50 miljoen (R115 miljoen in 2021) vir grondpad herstelwerk […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Premier vergeet landelike gemeenskappe se motoriste

Vrystaat Landbou Jongboer finaliste positief oor landbou in SA

ʼn Graan, vark- en skaapboer ding vanjaar mee om die titel as Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar. Le Roux Erasmus (29 jaar) van Hoopstad, Hennie Venter (29 jaar) van Theunissen en Jaco Burger (34 jaar) van Wepener is die finaliste in die kompetisie wat reeds vir die 26ste keer deur Vrystaat Landbou aangebied […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou Jongboer finaliste positief oor landbou in SA