Oor Ons

Versekering is vir baie Suid-Afrikaners daardie bodemlose put waar hul elke maand moet geld ingooi en dan wonder of dit ooit ‘n sinvolle uitgawe was. Dit is eers wanneer daardie ongeluk of verlies toeslaan dat ons besef wat die waarde van versekering is en maar te bly is vir daardie bydraes wat ons gemaak het!!

Met die Gesels Versekering webtuiste wil ons poog om verskillende aspekte van versekering nader te bekyk en bespreking aan te wakker! Versekering is ‘n wye veld en daar is baie aspekte waaroor die gewone Suid-Afrikaner meer behoort te weet. Dit is veral in hierdie tyd van finansiële onsekerheid belangrik dat ons almal mooi let op ons inkomstes , uitgawes en daardie risiko’s waarvoor ons meen ons wel verseker is….

Waarom Gesels Versekering?

Aan die begin van 2011 het die webontwerper besluit om ‘n blog te bestuur met die naam “Insurance Chat”. Die vernaamste beweegrede tot hierdie Blog kan egter selfs verder in die verlede vebind word tot die Arrive Alive webtuiste sovel as die Voertuigversekering Blog getitled “Car Insurance Blog”, as in sub-domain van die Arrive Alive webtuiste.

Met die ontwikkeling van die Arrive Alive webtuiste is daar besef watter belangrike rol versekeringsmaatskappye speel in inisiatiewe om ongelukke te voorkom en veiligheid te bevorder. Daar is besluit om in vennootskap met verskeie versekeringsmaatskappy gereelde geskrewe bydraes te lewer tot webtuistes en blogs oor versekering. Met die webontwerper se agtergrond in die regte en as nakomingsbeampte by ‘n finansiële instelling is gevoel dat hierdie ‘n positiewe bydrae kan wees vir lesers met vrae rakende nie net voertuigversekering nie, maar ook tot die groter behoefte aan kennis in ‘n wyer veiligheidsveld. Hierdie bydraes was egter net in Engels beskikbaar.

Waarom in Afrikaans?

Ten spyte daarvan dat die internet oorheers word deur Engels is daar tekens dat meer individue begin om hul gedagtes in hul moerdertaal op skrif begin stel en op die internet beskikbaar stel. Al is die meeste Afrikaanssprekendes ook Engels magtig, is hul trots Afrikaans en is ons van mening dat hul veral waar dit gaan oor tegniese finansiële begrippe baat sal vind by ‘n bespreking in Afrikaans.

Wat kan ek verwag van Gesels Versekering?

Dit sal belangrik wees in die ontwikkeling van die Webstuiste/ Blog dat ons nie partydig voorkom of enige bepaalde versekeraar of produk in ‘n meer gunstige lig wil stel nie. Daar is baie versekeraars wat ‘n wye reeks van produkte en voordele bied – en dit is nodig om van nader na die hele versekeringsindustrie te kyk. ‘n Verdere gevaar wat vermy sal word is om ons nie in die die veld van finansiële advies te begewe nie.

Met Gesels Versekering wil ons versekering bespreek en onder die vergrootglas plaas – maar ons sal nie die besoeker probeer oortuig tot ‘n bepaalde “koop – besluit” nie. Besoekers sal in staat gestel word om ‘n meer ingeligte besluit te neem en vandaar sal die besoeker aangemoedig word om met sy inligting self met die makelaar of versekeraar te konsulteer wat moontlik kan lei tot die sluit van ‘n transaksie.

Ons wil lesers aanmoedig om ons te nader met vrae en om deel te neem aan die bespreking van en gesels oor versekering.

Johan Jonck

Posted on by jonckie

Comments Off on Oor Ons