18 Responses to Kontak Ons

  1. jessica

    goeie dag ek is opsoek na ‘n versekerings maatskappy wat my kan hlep om my sleepwaens te verseker wat ek uit verhuur vir besigheid. ek het al n paar pleke gekontak maar niemand kan my tot dusver behulpsaam gewees het nie.

  2. Bianca

    Goeiedag

    Ek wil graag weet wat presies ‘n PrDP insluit. Ek het van gister af ‘n diens gebruik om my kind op te laai in die middae by die skool. Volgens die persoon het hy nie passassiers aanspreeklikheids versekering nodig nie, omdat dit reeds gedek in in ‘n PrDP. Is daar enige waarheid daarin?

  3. Sasha Endemann

    Kontak my asb op die e-pos wat ek gelos het. Wil graag met julle gesels oor versekering – ek behartig die openbare betrekkinge van Virseker.

  4. ANDRIES

    Ek wil weet die stappe om te gaan om n garage wat ons by n kar gekoop het en nu na 2weke gee die motor probleme en wil weet wat kan ek doen want hulle wil my nie antwoord op my e mails nie

  5. nina

    ek wil weet of iemand my kan help met mediese fonds wat nie my rekeninge betaal het nie. hulle se hul het nooit die rekenning van DR af ontvang nie. Maar DR het my die bewys gestuur wat hulle vir die Medies fonds gestuur het. help asb

  6. Angelique

    Hi, ek is dringend opsoek na n studie polis of iets soos dit vir my twee kinders. Net ingeval iets met my moet gebeur wil ek ten minste weet hulle kan nog iets met hulle lewe maak. Dankie baie

  7. Ronel du Plooy

    Ek wil graag weet as die versekering n voertuig afskryf(kode2 of 3) wie moet die Motorhandelaar laat weet om die diensplan/waarborg te kanselleer? Het n voertuig met n volle diensplan gekoop, net om agterna uit te vind, dit was n afgeskryfte voertuig wat nooit aan my gese is nie, en daar sit ek toe met die rekening.

  8. Johanna Adriana Swart

    Ek wil graag ‘n my Golf van die versekering afhaal…het dit verkoop, is tans in VSA tot einde Nov, asb gee ‘n landlyn, nie 086 of 0800 nr nie sodat ek jul kan skakel asb.

    Groete uit warm VSA…

  9. magda van der bank

    goeie midag ek hoop julle kan my help ons het vir ;my seun n remote control kar by n hobby shop in bloemfontein gekoop vir kersdag 22\12\2012 die man wat daar werk het vir my man gese hy moet die kar op charge sit en kyk of die kar werk.Ons het dit gedoen die kar het gewerk. Kersdag het hy die kar op gemaak en gery binne 10 min het die motor uit gebrand die volgende dag het ek hom terug gevat ander motor is in gesit. Die kar het die volgende dag weer gebreek ons is weer terug in n week en 2 dae was die karretjie meer by die winkel as by my seun. ons het die eienaar gebel en hy weier om die kar om te ruil of ons geld te gee. Hy se hy val nie onder die krediet wet nie en hy hoef nie ons geld of kar om te ruil nie kan iemand asb net help
    BY VOORBAAT DANKIE

    MAGDA

  10. Jaco van Zyl

    Goeie Middag

    ek wil net graag hoor wat is my regte as n ander persoon van agter in my vasgery het, sy verzekering is bereid om uit te betaal, maar net n gedeelte van die skade.
    Ek het vier kwotasien aangevra, die eerste kwotasie het glad nie die vervanging van die trekstang ingesluit nie, maar wel die ander 3. nou wil die verzekeraar slegs n gedeelte van die eerste kwotasie se bedrag uitbetaal waarmee ek my bakkie moet wegmaak. wat staan my te doen?

    dankie byvoorbaat

    Groete

    Jaco van Zyl
    083 233 5987

  11. amanda harding

    goeie middag

    my seun het my kar geleen om na ‘n vriend in Sandton te gaan maar hy het oppad daarheen ‘n ongeluk met my kar gehad. Dit het gereen en hy het op ‘n draai beheer oor die kar verloor. Daarna het ‘n ander kar van agter in hom vas gery en ‘n ander 1 weer in hom. Die versekering het die kar afgeskryf en die “claim” afgekeur omdat my seun nie op die polis was as ‘n bestuurder nie. My vraag is as my man die kar bestuur het, net daardie 1 keer sou hulle ook die “claim” afgekeur het? Dit is nie asof ons miljoene in die bank het om ‘n ander kar te koop nie en het regtig meer verwag van die versekering om te verstaan. Wat staan ons te doen?

    Dankie byvoorbaat

    Amanda – 083 400 7324

  12. Anton Nortje

    Goeie middag
    Ek huir ‘n huis en die huis eienaar het versekering op die huis. Die wind het die motorhuis se deur afgewaai bo op my kar. Ek het nie my eie versekering nie. My vraag is is sy huisversekering verantwoordelik vir die herstel van my voertuig?
    Dankie
    Anton

  13. Jaco

    Goeie dag
    Ek wil net graag weet wat is my regte en wie is veantwoordelik daarvoor.
    N oom het in my kar vas gery omdat hy nie gekyk het waar hy ry nie. My voertuig het stil gestaan. Dit het binne in n aftree oord gebeur.

    Hy het herken dat dit sy fout was en dat hy die skade sal herstel deur sy versekering. Ek het kwotasies vir hom gekry by verskeie paneelkloppers en dit vir hom gegee.

    Hy het gesê sy vesekering sal my kontak. Dit is nou al 3 weke later en ek het nog niks van sy versekering gehoor nie. As ek hom bel het hy heeltyd stories oor wat die versekering soek. Nou soek hulle my kar se registrasie papier!! Wat wil hulle met dit doen? Ek het vir hom gevra om dit vir my te mail sodat ek maar self met hulle kan praat. Ek wag nou nog daarvoor. Is dit my verantwoordelikheid om met sy versekering te praat of syne.

    Ek het nie vesekering nie. Toe ek vir hom sê of hy maak my kar reg of die versekering maak dit reg, was sy antwoord. Hy betaal elke maand n premie aan sy versekering om sy regte te beskerm.
    Watse regte?

    Dit lyk my omdat ek nie vesekering het nie worry hy nie en lyk dit of dit hom ook nie pla om my kar reg te maak nie.

    Help asb.

  14. Elize De Meyer

    Bestcare 24 ambulans dienste se uitbuiting en adminastatiwe personeel lid. My seun het met sy motorfiets gegly en geval kry na reking van R2134.00 vir sy vervier na hospitaal, ekt aan gevra dat hulle vir my n uiteensetting gee en die adminastratiewe dame Meri was baie onbehulpsaam en het nog die vermetelheid om vir my te se ek moet dankbaar wees ht is gehelp. Dit was letterlik nie eers 6 blokke na pretoria wes hospitaal nie, en hulle het verby gegaan na kalafong toe. Sy klere was opgesnipper en hy het net weefsel (soft tissue) beserings gehaat, hospitaal hom nie opgeneem nie. Wie kan ons help hierdie is uitbuiting en onprofesioneel.

  15. Ansie Labuschagne

    Goeie More
    Ek het raad nodig in verband met n Ongeskikheids eis waar die myn besig is om my man medies ongeskik te verklaar. Sy laaste werk dag was die 29ste April 2016, waarna ons ingelig is dat dit so 3maande neem om af te handel. Die myn se versekeraar is Sanlam. Wel nou amper agt maande later word ons nogsteeds rondgestuur. My man is gediagnoseer met Epilepsie en Alzeihmers Demensia . Ons het reeds 7 verskillende dokters gespreek in Johannesburg en Pretoria area wat ongeveer 400 km van ons is. 3 Dokters is deur Sanlam aangewys wat ons die afsprake nagekom het en neem dit elke keer 30 dae plus ne tvir Sanlam om die verslag van die dokter te verwerk en n antwoord deur te stuur per brief om nog n Dokter te gaan sien.
    Die laaste dokter kan ons op die vroegste eers in die nuwe jaar 2017 op 9 Februarie sien.Ek wil net raad vra op is dit normaal, hoeveel dokters moet ons dan nou sien op die einde van die dag. En dan weier Sanlam om vir ons enige afskrifte van die verslagte te gee want volgens hulle is dit Sanlam se eiendom maar ek verstaan dit nie want my man is die pasient. Hoe moet ons n toekoms beplan en hoe moet ek hom help as hulle die inligting van ons weehou.
    Ek sal ditopreg waardeur as iemand my kan help sodat ek net weet moet ek die pynlike proses deurstaan of kan ek iets doen.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *