Vermindering van bedrog is ‘n voorvereiste vir goedkoper versekering!

Ons almal kla oor voortdurend stygende versekeringspremies! Wanneer ons kyk na die dodetal op ons paaie en die onverskillige bestuur om ons verstaan ons waarom voertuigverskering al duurder word. Misdaadsyfers en nuusberigte oor inbrake en roof is weer ‘n aanduiding waarom huishoudelike en besigheidsversekering al duurder word! Die waarheid is egter dat dit nie net […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vermindering van bedrog is ‘n voorvereiste vir goedkoper versekering!

Wat is die verskil tussen ‘n Debietorder en ‘n Stoporder?

Weet jy wat is die verskil tussen ‘n debietorder en ‘n stoporder? Kliënte vra gereeld watter betaalmetode die beste is: ʼn debietorder of ʼn stoporder. Beantwoording van die vraag vereis eers verstaan van die twee betaalopsies. Die definisies van die Bank Ombudsman in vertaalde vorm word gebruik: Debietorder: ʼn Skriftelike ooreenkoms tussen ʼn kliënt en ʼn […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Wat is die verskil tussen ‘n Debietorder en ‘n Stoporder?

Moenie lieg oor wie die gereelde bestuurder van jou voertuig is nie!

Ons vind dikwels dat motoreienaars met ‘n skok besef dat hul versekeringseis van die hand gewys word omdat die gereelde bestuurder nooit aangedui is op die polis as die versekerde bestuurder nie. In hierdie bespreking wil ek graag hierdie situasie van nader beskou. In Engels word dikwels verwys na die beginsel van “fronting”. Hierdie baie […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Moenie lieg oor wie die gereelde bestuurder van jou voertuig is nie!

Mag motoriste stop binne ‘n verkeersirkel?

Die verkeersirkel is waarskynlik die verkeersmeganisme of aansluiting wat die meeste woede onder bestuurders veroorsaak. Maak nie saak waar jy met ander motoriste ‘n gesprek voer nie – meeste sal erken dat baie Suid-Afrikaanse bestuurders nie weet hoe om te bestuur by ‘n verkeersirkel nie. Die Arrive Alive webtuiste kry gereeld vrae van ontstelde motoriste […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Mag motoriste stop binne ‘n verkeersirkel?

Jou versekering mag weier om te betaal as gladde bande die ongeluk veroorsaak!

Indien jy bestuur met gladde bande is jy nie net besig om jou eie en ander lewens in gevaar te stel nie, maar heel moontlik ook besig om jou versekeringspremies verniet te betaal! Het jy geweet dat jou versekering net dekking verleen wanneer jou voertuig padwaardig is en jou bande in behoorlike toestand is? ‘n […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Jou versekering mag weier om te betaal as gladde bande die ongeluk veroorsaak!

Motoriste eis dat verkeersbeamptes ook die voorbeeld stel!!

Dit is nie net die publiek wat gehoor moet gee aan die padreëls nie! Ook verkeersbeamptes is verplig om om wetsgehoorsaam te wees en die  padreëls na te kom. Dit geld nie net ten opsigte van spoed nie, maar ook ten opsigte van die dra van veiligheidsgordels en ‘n verbod op selfoongesprekke wanneer hul bestuur! Dit is […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Motoriste eis dat verkeersbeamptes ook die voorbeeld stel!!

Waak teen diefstal van Kersgeskenke uit voertuie!!

Met kerstyd word familie en vriende bederf met allerlei Kersgeskenke. Dit is ook nie meer soos in die ou dae net ‘n paar sokkies en onderbroeke van ouma wat in Kerspapier toegedraai word nie… Deesdae kry ons luukse items en allerlei elektroniese en kommunikasie toestelle! Dit sluit in skootrekenaars, selfone,iPods, tablette soos die iPad ens. […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Waak teen diefstal van Kersgeskenke uit voertuie!!

Slim selfone en onverskillige bestuurders ‘n dodelike kombinasie!

Hoe gevaarlik is die gebruik van selfone op ons paaie? Hierdie titel kon miskien anders bewoord gewees het. Uit ‘n padveiligheidsoogpunt moet dit dalk wees “Slim selfone in die hande van bestuurders…” Punt! Ek het ook oorweeg slim selfone en dom bestuurders is ‘n dodelike kombinasie. Die feit bly egter staan – die gebruik van […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Slim selfone en onverskillige bestuurders ‘n dodelike kombinasie!

Wie is die Ombudsman en kan hy help met ‘n dispuut oor versekering?

U mag dalk hoor by ‘n gekla oor versekering dat die klaer aanbeveel word om die geskil te verwys na die “Ombudsman”. Maar wie is die person en hoe kan hy U help? Die Ombudsman speel ‘n baie belangrike rol in die skep van sekerheid oor versekering en die beskerming van beide die kliënt en […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Wie is die Ombudsman en kan hy help met ‘n dispuut oor versekering?

Verhoudingsbreuke mag dalk ook versekeringsbedrog oopvlek!

Wanneer verhoudings tot ‘n einde kom is daar gewoonlik min liefde tussen die partye. Dit is dan wanneer verborge geheime in die ope gestel word en waar partye mekaar dikwels in ‘n slegte lig stel. Dit is selfs moontlik dat kriminele gedrag wat tussen die partye stil gehou is sonder veel aarseling geopenbaar word. Een […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Verhoudingsbreuke mag dalk ook versekeringsbedrog oopvlek!