Vurkhyser bestuurder beseer na ongeluk in Oudtshoorn

‘n Wit Toyota Corolla en ‘n vurkhyser het ‘n rukkie gelede met mekaar in St. Johnstraat gebots. Die passasier van die Toyota en die drywer van die vurkhyser is met ligte beserings per ambulans na die Oudtshoorn-hospitaal geneem. Die ongeluk het direk voor ‘n supermark plaasgevind wat grootmaat kruideniersware verkoop. Die vurkhyser behoort aan die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vurkhyser bestuurder beseer na ongeluk in Oudtshoorn

Motorfietsryers beseer in ongeluk tussen Oudtshoorn en die Kango Grotte

Twee motorfietsryers van Oudtshoorn is per ambulans hospitaal toe nadat hulle motorfietse in ‘n skerp draai die pad verlaat en ‘n veiligheidsreling getref het. Die ongeluk het om ongeveer 14:20 vanmiddag gebeur. Die aard van hulle beserings is nog nie bekend nie, maar volgens die pa van een van die ryers is hulle beserings nie […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Motorfietsryers beseer in ongeluk tussen Oudtshoorn en die Kango Grotte

Motorfietsryer beseer in ongeluk in Meiringspoort

‘n Motorfietsryer wat vroeër vandag in Meiringspoort in ‘n ongeluk betrokke was, is hospitaal toe geneem met ligte beserings. Hy was deel van groep motorfietsryers wat van Kimberley na Mosselbaai onderweg was. Hy was alleen op die 1600cc BMW toe hy in ‘n draai die pad byster geraak en op rotse onder in die rivierloop […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Motorfietsryer beseer in ongeluk in Meiringspoort

Noue ontkoming vir motoris na botsing teen vragmotor tussen Oudtshoorn en George

Een persoon is lig beseer na ‘n ongeluk tussen ‘n VW Golf en ‘n vragmotor op die George-pad vroeër vanaand. Volgens die vragmotorbestuur was hy in George se rigting onderweg. Die Golf het van voor gekom op pad na Oudtshoorn. “Die bestuurder van die Golf het in die verkeerde baan gery en ek het vir […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Noue ontkoming vir motoris na botsing teen vragmotor tussen Oudtshoorn en George

Bestuurder ongedeerd na voertuig rol op pad tussen Oudtshoorn en George

Die bestuurder van ‘n Suzuki is ongedeerd na ‘n ongeluk op die Georgepad vanoggend. Volgens hom, het hy vanuit George se rigting gekom toe hy beheer oor die voertuig verloor het. Die motor het eers ‘n reling getref en toe op sy dak in die pad te lande gekom. Oudtshoorn Courant 

Posted on by jonckie

Comments Off on Bestuurder ongedeerd na voertuig rol op pad tussen Oudtshoorn en George

Hoe verbeter ons die padgedrag op ons paaie?

Graag deel ons hiermee ‘n paar voorstelle gestuur aan die Arrive Alive webstuiste: Goeiedag! Ek het vanoggend (27 01/2020) na die gesprek oor padveiligheid op RSG geluister en neem die vrymoedigheid om my vertoë aan u te stuur. Ek het hierdie brief al ‘n paar jaar gelede geskryf en aan die minister se kantoor gestuur, […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Hoe verbeter ons die padgedrag op ons paaie?

8 Beseer in botsing tussen De Rust en Willowmore

Agt mense in twee voertuie het gister omstreeks 18:20 ligte beserings in ‘n botsing tussen De Rust en Willowmore opgedoen. Die botsing het ongeveer 30 km buite De Rust plaasgevind. Volgens inligting wat ontvang is, het ‘n Isuzu bakkie en ‘n Ford Bantam in die rigting van Willowmore gery. Die bestuurder van die Isuzu wou […]

Posted on by jonckie

Comments Off on 8 Beseer in botsing tussen De Rust en Willowmore

Verkeersowerhede toets voertuie vir padwaardigheid in Oudtshoorn

In ‘n gesamentlike operasie van die polisie en verkeersdepartemente, is taxis en herboude motors vanoggend vir padwaardigheid getoets. Die mobiele toetseenheid van die provinsiale departement van vervoer, is ingespan om alle minibus-taxis, huurmotors en motors waar veranderinge aan die onderstelle aangebring is, te toets. ‘n String voertuie moes vanoggend geduldig aan die bopunt van Voortrekkerweg […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Verkeersowerhede toets voertuie vir padwaardigheid in Oudtshoorn

Beseerdes keer terug na ongelukstoneel buite Oudtshoorn

Twee beseerde mans wat glo passasiers in ‘n bakkie was tydens ‘n botsing, het aanvanklik die toneel verlaat en later teruggekeer. Die botsing het Sondagoggend omstreeks 02:00 op die brug oor die Olifatnsrivier buite Dysselsdorp plaasgevind. Die bakkie het aan die verkeerde kant van die pad gery toe dit die brugreling getref het. Met die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Beseerdes keer terug na ongelukstoneel buite Oudtshoorn

Motorfietsryer sterf in ongeluk in padkonstruksie area buite Oudtshoorn

‘n Motorfietsryer van Oudtshoorn, Ernst van Biljon, is vanoggend oorlede na ‘n motorfietsongeluk. Hy was tussen 07:30 en 08:00 na De Rust onderweg toe die motorfiets by padverleggings die pad verlaat het. Die beseerde Van Biljon het aan paramedici gesê sy rug en skouer het seergekry, maar dit blyk dat hy toe met asemhaling begin […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Motorfietsryer sterf in ongeluk in padkonstruksie area buite Oudtshoorn