Twee sterf in noodlottige ongeluk op die R62, Calitzdorp

Die R62 waar die ongeluk vroeër vandag plaasgevind het is weer oop vir verkeer. Twee mense het in die ongeluk gesterf. Volgens inligting wat Oudtshoorn Courant ontvang het, was daar drie voertuie by die ongeluk betrokke. FOTO’S: Ongeluk op R62, Calitzdorp ‘n Bakkie met ‘n sleepwaentjie wat uit Calitzdorp se rigting onderweg was het na […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Twee sterf in noodlottige ongeluk op die R62, Calitzdorp

R30-pad een van vele lewensgevaarlike paaie

“Die R30 is maar een van die vele lewensgevaarlike paaie wat deur die hele Vrystaat gaan. Paaie is ’n groot ekonomiese lewensaar deur die provinsie en moet doeltreffend in stand gehou word.” Dit was die boodskap wat dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou (VL), weereens aan die Premier en provinsiale amptenare oorgedra het […]

Posted on by jonckie

Comments Off on R30-pad een van vele lewensgevaarlike paaie

Vrystaat Premier vergeet landelike gemeenskappe se motoriste

“Ons is uiters bekommerd dat die provinsiale toekenning vir die herstel en instandhouding van grondpad herstelwerk meer as gehalveer is,” sê Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL). Die premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela, het Maandag in haar provinsiale rede aangekondig dat die Vrystaat slegs R50 miljoen (R115 miljoen in 2021) vir grondpad herstelwerk […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Premier vergeet landelike gemeenskappe se motoriste

Afsterwe van leier jongboer laat groot leemte vir landbou

Vrystaat Landbou (VL) het met skok kennis geneem en betreur die afsterwe van Jacobus Stroebel, VL se gewese vise-president, op 27 Desember 2021. Jacobus, sy dogtertjie Marelize en sy moeder, Miempie het in ‘n motorbotsing naby Bloemfontein op die N6 gesterf. Francois Wilken, president van VL, sê dat Jacobus diep spore in die organisasie getrap […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Afsterwe van leier jongboer laat groot leemte vir landbou

Pad gesluit na ongeluk tussen Calitzdorp en Oudtshoorn

Die Calitzdorp-pad sal vir ‘n ruk gesluit wees na ‘n ongeluk vroeg vanoggend. Nooddienspersoneel is op die toneel en is besig om die ernstig beseerde man uit die bakkie te sny. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die man wat vanoggend in ’n ongeluk op die Calitzdorp-pad betrokke was is uit […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Pad gesluit na ongeluk tussen Calitzdorp en Oudtshoorn

Ficksburg-protes werp vrugte af

ʼn Gemeenskap wat vir ’n gesamentlike doel protes aangeteken het, het die nodige druk toegepas en vrugte afgewerp. Sosiale media gons steeds oor die blote gedagte dat boere en taxi-eienaars-en-bestuurders kan saamstaan, maar dit is presies wat op 17 Maart in Ficksburg gebeur het toe ‘Sechaba sa Ficksburg’, die gemeenskapsforum, soos een man saamgestaan het […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Ficksburg-protes werp vrugte af

Ficksburg-gemeenskap skep paaie forum

Verskeie instansies van die Ficksburg gemeenskap het op 2 Maart byeengekom met een gemeenskaplike doel, naamlik die haglike toestand van paaie in die omgewing. ’n Skrywe is deur die vergadering aan die Premier van die Vrystaat, me Sisi Ntombela, gerig wat aandring op ’n dringende vergadering binne 7 dae om te verhoed dat verdere aksie […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Ficksburg-gemeenskap skep paaie forum

Noodlottige botsing buite Oudtshoorn

Die bestuurder van ‘n wit Mazda Sting is vanoggend omstreels 08:00 op die toneel van ‘n botsing oorlede. Hy was onderweg om sy twee kinders, ‘n seuntjie en ‘n dogtertjie, skool toe te neem toe hulle op die Rooiheuwelpad by ‘n sy-aansluiting voor ‘n aankomende bakkie ingery het. Die bakkie het die motor aan die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Noodlottige botsing buite Oudtshoorn

Twee beseer in ongeluk tussen De Rust en Willowmore

Die bestuurder en die passasier van ‘n bakkie is Sondagmiddag omstreeks 14:50 in ‘n ongeluk beseer. Hulle was met ‘n vrag gevriesde hoender van Oudtshoorn na Graaf Reinette onderweg toe die ongeluk ongeveer 30 km buite De Rust op die pad na Willowmore gebeur het. Dit blyk dat ‘n agterband van die bakkie gebars het, […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Twee beseer in ongeluk tussen De Rust en Willowmore

Vrystaat-vloede: padinfrastruktuur verkrummel

Vrystaat Landbou (VL) het gewaarsku dat die Vrystaatse provinsie se padinfrastruktuur in ‘n ernstige toestand is. VL het ‘n dringende brief aan die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer gerig en gevra dat dringende stappe gedoen word om paaie vir kritieke toegang te herstel. Dié optrede kom omdat die onlangse oorstromings in die provinsie […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat-vloede: padinfrastruktuur verkrummel