Woning in Sabiepark beskik oor uitmuntende sekuriteit

Dit is nie almal wat oor op en wakker sukuriteitswagte beskik nie. ‘n Besoeker aan die Arrive Alive webwerf het ‘n e-pos gestuur van ‘n vriend waarin aangetoon word dat ‘n luiperd homself tuisgemaak het op die stoep van ‘n woning in Sabiepark: “Luiperd het op ons stoep in Sabiepark ingetrek. Sal blykbaar ‘n uitsettingsbevel […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Woning in Sabiepark beskik oor uitmuntende sekuriteit

Luister maar na daardie SMS waarskuwing om jou voertuig te beveilig teen haelskade!

Al hoe meer versekeraars gee waarskuwings deur teksboodskappe [SMSé] aan hul kliente rakende die gevaar van hael en stormskade. Dit is belangrik om te besef dat hierdie nie maar net ‘n “bemarkings -foefie” is nie. Dit is nie maar net een ou wat verveeld by die venster uitkyk, ‘n paar wolke sien en almal op […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Luister maar na daardie SMS waarskuwing om jou voertuig te beveilig teen haelskade!

Groot brandskade aan huis in Bloemfontein na weerligstraal huis tref

Ons vriende by Trauma Response Africa het fotos gedeel op hul Facebook bladsy van groot skade aan ‘n huis in Bloemfontein nadat ‘n weerligstraal die huis getref het. Hierdie storie het ook verskyn op die bladsy van Bloemnuus met die volgende bewoording: “Die Erasmus-gesin van Swartwitpensstraat, Woodland Hills, se huis is gistermiddag laat deur ‘n […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Groot brandskade aan huis in Bloemfontein na weerligstraal huis tref

Lesse vanuit Johannesburg oor hoe om nie elektrisiteit te gelei nie!

Fotos is gestuur na die Arrive Alive website van die onwettige geleiding van krag by Lawley aan die suidekant van Johannesburg. Elektrisiteit word hier op groot skaal onwettig versprei na verskeie huishoudings. Dit is ooglopend dat dit nie net vir die openabare kragvoorsiener baie geld kos nie, maar ook uiters gevaarlik is! Hierdie onwettige praktyke […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Lesse vanuit Johannesburg oor hoe om nie elektrisiteit te gelei nie!

Gee aandag aan veiligheid tuis ten einde gevare van vuur in die winter te voorkom!

Tydens winter bibber ons van die koue en probeer alles denkbaar om tog ‘n bietjie ekstra hitte in ons huise te kry! Ons pogings om die temperatuur te vehoog is ongelukkig ook dikwels die rede waarom daar ‘n vuur ontstaan wat beide ons eiendom en lewens kan bedreig! Ons wil graag hiermee ‘n paar wenke […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Gee aandag aan veiligheid tuis ten einde gevare van vuur in die winter te voorkom!

Daar is ‘n goeie rede waarom versekering vir vroue goedkoper is….manlike onverskilligheid!

Al ooit gehoor dat mans ontevrede is omrede hul duurder betaal vir hul versekering as wat vroue hoef te betaal vir dieselfde voordele?! Daar is met reg rede daarvoor! Ongelukkig is daar een of ander onverskillige streek by meeste mans – die idee dat “ek kan mos” en darmee die gepaardgaande paar skeppies te veel […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Daar is ‘n goeie rede waarom versekering vir vroue goedkoper is….manlike onverskilligheid!

Dink aan veiligheid van werkers wanneer jy werk aan die huis of ander gebou!!

‘n Vriend het fotos gestuur van baie onveilige konstruksie. Hierdie fotos laat ons snak na ons asems en sal enige veiligheidsbeampte slapelose nagte besorg! Hierdie mag dalk lyk na doodgewone bouwerk..maar moenie glo nie…dit word gevaarlik.. en nog meer gevaarlik.. Baie meer gevaarlik.. Ons ken almal die frase “Boer maak ‘n Plan”. Hierdie is egter […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Dink aan veiligheid van werkers wanneer jy werk aan die huis of ander gebou!!

Beskerm kinders teen brandwonde by die huis

Ons het onlangs op die Blog Accidents.co.za meer inligting verskaf rakende die beskerming teen brandwonde en wil ook graag hier daaraan aandag verleen. Dit is uiters belangrik dat ons veral ons kinders beskerm teen brandwonde by die huis. Met die hulp van CrisisOnCall verskaf ons graag die volgende inligting: BRANDWONDE BY DIE HUIS ‘n Algemene […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Beskerm kinders teen brandwonde by die huis

Wees versigtig vir die klein jakkalsies wat jou versekering toets!

Die Afrikaanse sanger Chris Chameleon sing ‘n liedjie met die naam “Klein Klein Jakkalsies”. Dit handel oor daardie klein goeters op ons lewenspad wat ons so dikwels kan pla, ontstel en terughou – daardie goed wat so knaag aan ons geluk! Dit is aan hierdie goeters waaraan ons dink as ons na die video hierbo […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Wees versigtig vir die klein jakkalsies wat jou versekering toets!

Wees deeglik bewus van die gevare van huisbraak!!

Die vaardighede van inbrekers kan ons soms met verwondering laat! Dit is noodsaaklik dat ons nooit op ons gemak sal raak en maar net aanvaar dat ons alle redelike stappe geneem het nie! Hierdie fotos hierbo is duidelike waarskuwing om ekstra versigtig te wees – die feit dat jy nie sou kon inbreek nie – […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Wees deeglik bewus van die gevare van huisbraak!!