Leerlingbestuurder bots teen muur in Oudtshoorn

‘n Weermaglid wat besig was met ‘n bestuursles het vanmiddag omstreeks 14:00 op die hoek van Van der Riet- en Baron van Reedestraat teen ‘n gebou gebots.

Sy het met Baron van Reedestraat langs gery en by Van der Rietstraat ingedraai.

Dit blyk dat sy egter aanhou draai het waarna die motor oor die hoë randsteen is en teen die gebou tot stilstand gekom het.

Niemand is in die botsing beseer nie.

Nooddienste het enkele minute na die Oudtshoorn Courant by die toneel aangekom.

[Oudtshoorn Courant]

Also view:

Driver Experience, Driver Inexperience, and Road Safety

Posted on by jonckie

Comments Off on Leerlingbestuurder bots teen muur in Oudtshoorn