Inligting? Waarom is my inligting so belangrik op die ongelukstoneel?

Baie min mense besef dat inligting iets is wat ʼn groot verskil in jou lewe kan maak wanneer dit werklik saak maak. Ek het mos inligting vir my eie gerief op my selfoon! Vandag se slimfone is ook baie slim! Ek het in elk geval ʼn mediese fonds, korttermynversekering en vriende wat kan help. In elk geval, “dit gaan nie met my gebeur nie, dalk met my buurman!” maar…, onthou jy is ook iemand se buurman.

Kom ons plaas die gebruiker van lewensnoodsaaklike inligting aan die woord. Die mense wat na jou of jou gesin moet omsien wanneer jy self nie kan nie! Dink jy jou selfoon gaan help? Die selfoon is volgens paramedici in die meeste van die gevalle onbruikbaar aangesien daar ʼn vingerafdruk, patroon of kode benodig word om op die foon in te gaan. Verder word die selfoon, handsak, beursie, juweliersware en ander waardevolle items deur omstanders gestroop voor die polisie of enige mediese personeel op die toneel is. Raar maar waar!

Daardie gebruiker, paramedikus of dokter, moet ingeligte besluite neem en kan dit slegs doen indien hy al die belangrike en lewensnoodsaaklike inligting het. Onthou jy nog jou laaste operasie? Hoeveel keer is allergieë en mediese toestande gevra? Jou mediese fonds inligting is sommer heel bo aan die lys omdat dit waarskynlik jou toegang tot privaat behandeling is.

Wat sê hierdie mense?

Dr Jaco van Niekerk van Montana Hospitaal Trauma Eenheid:

“Inligting is ongelooflik belangrik wanneer ons ‘n pasiënt sien. Dit bepaal tog wat jy kan verwag en wat mens vir hom kan gee. Het hy al operasies gehad, wat is sy agtergrond geskiedenis. (Diabetes, ens) Dit gebeur gereeld dat jy in ʼn trauma situasie sit of die pasiënt word ingebring deur die ambulansdiens en jy het nie ʼn idee wat die pasiënt se agtergrond is nie. Hy kan nie met jou praat nie en jy het nie ʼn idee waar jy begin nie. Jy begin maar sistematies maar jy weet nie wat die uitkoms gaan wees nie en jy kan ook nie voorspel op daardie stadium nie.

Ons kry gereeld dat mense twee-drie dae later by ons aankom nadat hulle in ʼn ongeluk was. Hulle is opgetel en na ʼn klein staatshospitaal geneem en eers 2 – 3 dae later word dit bekend dat hulle ʼn mediese fonds het.“ – Groot Trauma program op Groot FM (20 September 2017)

Oliver wright van SAPAESA (South African Private Ambulance & Emergency Services Association) skryf die volgende:

“Identifikasie in die nood mediese omgewing is ‘n lewensreddende noodsaaklikheid. Indien jy bewusteloos is sonder enige metode van identifikasie, of jou mediese fonds-kaart is soek, sal ‘n skrikwekkende aantal privaat hospitale weier om jou toegang tot nood mediese sorg te gee. Om ‘n pasiënt in die regte hospitaal, met die regte behandeling, die regte inligting en op die regte tyd te kry kan die verskil tussen lewe en dood beteken. SAPAESA moedig elke Suid-Afrikaner aan om seker te maak dat hulle ten volle voorbereid is vir so ‘n situasie. Die CrisisOnCall armband spreek hierdie behoeftes aan.”

Bernice Kitshoff, Takbestuurder van Netcare911skryf:

“‘n Belangrike komponent vir paramedici om pasiënte vinnig en effektief te behandel is toegang tot inligting van die pasiënt. Ons het inligting nodig van hul mediese kondisies, medikasies, allergieë, ens. As mediese beamptes was ons almal al op tonele waar geen inligting van ‘n pasiënt beskikbaar is nie en waar niemand die persoon geken het nie. Dit is hier waar ‘n produk soos die CrisisOnCall ID armbandjie ‘n waardevolle voordeel bied.”

Dit is dus duidelik uit die oogpunt van die gebruiker dat mediese-identifikasie lewensbelangrik is.

CrisisOnCall doen al vir meer as 17 jaar navorsing oor identifikasie metodes. Dit is verstommend om te sien wat werk en wat nie werk nie. Juweliersware is onbetroubaar en graverings verdof met tyd. Ander faktore soos die roof van pasiënte speel ook ʼn belangrike rol. Superintendent Alta Fourie, verteenwoordiger van die Tshwane Metro Polisie het die volgende in die Pretoria News koerant gesê: “… die diefstal van botsingslagoffers se persoonlike besittings is ‘n ongelukkige realiteit.” Verskeie ander media items ondersteun die probleem. Botsingslagoffers beroof -SABC – 20 Maart 2016: Minute na die botsing, nog voor paramedici op toneel was, is die hulpelose slagoffers van ‘n bakkie wat gebots het in Johannesburg, deur “omstanders” beroof.

Motorplakkers het nie eers die mediese fonds lidnommer op nie en kan ook nie effektief aan ʼn spesifieke persoon gekoppel word nie.

CrisisOnCall was op 1 Oktober 2017 15jaar in bedryf en is op hierdie stadium die gewildste en mees effektiewe identifikasie metode in Suid-Afrika. Vind gerus meer uit oor die dienste wat gebied word deur die webwerf by www.crisisoncll.co.za te besoek of ʼn epos met “Arrive Alive” na marketing@crisisoncall.co.za te stuur.

Also view:

CrisisOnCall , Emergency Roadside Assistance and Road Safety

 

 

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Inligting? Waarom is my inligting so belangrik op die ongelukstoneel?