Groot Opgewondenheid in Toyota Stadium

Gratis rugby kaartjies vir die eerste Guinness PRO14 wedstryd – met die komplimente van Toyota Suid-Afrika 

Op Saterdag 16 September om 19:30 speel Toyota-stadion gasheer vir die eerste Guinness PRO14 wedstryd wanneer die Toyota Cheetahs en Zebre, van Italië, mekaar die stryd aansê.

Met die komplimente van die merkwaardige en lojale borg, Toyota SA, is hierdie ook die jaarlikse Toyota Dag en alle kaartjies is gratis.

Buiten die opgewondenheid wat die Guinness PRO14 kampioenskap bring, bied Toyota-stadion ook ‘n ‘Warrior Race’ span en baan vir die fiksheid geesdriftige.  Die gewilde kunstenaars, Richard Stirton (The Voice 2016 wenner) en Arno Jordaan gaan ook in Toyota-stadion optree.  Kos liefhebbers sal bederf word met ‘n verskeidenheid Italiaanse en Suid-Afrikaanse kosstalletjies.

Die Toyota Cheetahs nooi alle ondersteuners uit om deel te wees van die opwindende dag en die wedstryd in Toyota Stadion op Saterdag, 16 September 2017 by te woon.  Al is die kaartjies gratis, het ondersteuners steeds ‘n fisiese kaartjie nodig om toegang tot die stadion te kry.  Kaartjies word beperk tot 10 per persoon.  Kaartjies is nou beskikbaar by die volgende punte:

  • Kaartjiekantoor, Toyota-stadion
  • Aanlyn www.fscheetah.co.za
  • Toyota handelaars regoor die Vrystaat

 

Sien jou daar!

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Groot Opgewondenheid in Toyota Stadium

Category: Gesprek