Werknemer met afleweringsmotorfiets in ongeluk in Oudtshoorn

‘n Motorfietsryer is sowat ‘n uur gelede per ambulans hospItaal toe geneem nadat hy in Langenhovenweg van agter teen ‘n Toyota Tazz gebots het.

Die slag het die man oor die stuurstang gegooi en die motorfiets het onderstebo in die pad te lande gekom.

Volgens die bestuurder van die motor wat haar kind by haar gehad het, het sy in die regterbaan gery toe die motorfiets haar van agter getref het.

Die beseerde is ‘n werknemer van ‘n pizzawinkel op die dorp en was op ‘n afleweringsmotorfiets tydens die botsing.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Werknemer met afleweringsmotorfiets in ongeluk in Oudtshoorn

Comments are closed.