Bekende in landboukringe sterf toe bakkie rol buite Oudtshoorn

n Bekende man in landboukringe is vanaand omstreeks 22:00 oorlede in ‘n ongeluk naby Surval op die grottepad.

Hy was vanaf sy werk onderweg na sy huis toe sy dubbelkajuitbakkie op ‘n draai die pad verlaat en gerol het.

Nooddienswerkers het die bakkie se deure en dak met meganiese toerusting afgesny om by hom te kom. Hy was egter reeds dood toe hulle hom uit die wrak haal.

Volgens vriende wat op die toneel was, sou môre sy laaste werksdag wees voordat hy sou aftree.

Sy naam word weerhou totdat die amptelik deur die polisie bevestig word.

Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bekende in landboukringe sterf toe bakkie rol buite Oudtshoorn