Wat is die regte waarskuwingsteken vir spoed op swaar vragmotors?

Vraag:

Ek soek n bietjie hulp asseblief.

Daar blyk n verskil te wees tussen AARTO en ander verkeersowerhede aangaande die maksimum spoed van swaar voertuie, swaarder dan 3500kgs.

Aarto se dat ENIGE voertuig swaarder dan 3500kgs sal n teken vertoon met 80kmh op die agterkant van die voertuig.

Wanneer n swaarvoertuig soos n perd en sleepwa abnormal vrag dra vertoon hulle agterop die sleepwa n teken 80-100kmh.

Wat is die regte ding ?

Antwoord:

Regulasie 293 is van toepassing. Goederevoertuie met ‘n bvm van meer as 9000 kg moet die 80 teken vertoon en sedert 11 Nov 2016 moet goederevoertuie tussen 3501 en 9000 kg bvm’ n 100 teken vertoon.

Aarto is slegs die stelsel waardeur die oortreders vervolg word, die oortreding word geskep in die Padverkeerswet.

Alta

Alta Swanepoel and Associates 

Posted on by jonckie

Comments Off on Wat is die regte waarskuwingsteken vir spoed op swaar vragmotors?