Waar is my prokureur?

Ons almal vrees daardie dag wanneer ons in die ingewing van die oomblik ʼn besluit neem en daarna blootgestel kan word aan ʼn hof waar ure geredeneer kan word of my optrede geregverdig was, of nie. ʼn Besluit wat deur die hof geneem word kan jou en jou geliefdes se hele lewe in ʼn oogwink vernader.

Niemand van ons kan bekostig om ʼn regskenner 24/7 aan ons sy te hê vir die “indien” iets gebeur nie. Die volgende probleem wat opduik is die gespook om die regte prokureur op die regte tyd te kry wat jou kan help en van waardevolle advies kan voorsien.

Mag jy as siviele persoon deur ʼn polisieman deursoek word sonder ʼn lasbrief? Mag die polisie jou huis sonder ʼn lasbrief deursoek? Het jy geweet dat die polisie by ʼn padblokkade ʼn lasbrief soos deur ʼn hof uitgereik, op versoek moet kan vertoon, om jou voertuig by ʼn spesifieke padblokkade te mag deursoek? Is daar uitsonderings hierop? Wat sê die wet?

Ons land is een van die lande in die wêreld met die beste wette maar tog is misdaad baie hoog. Dit Maak dalk nie sin nie maar is ʼn realiteit. Vir die publiek lyk dit of die wette eintlik die krimineel beskerm en nie die landsgehoorsameburgers nie.

Noudat ons so bietjie aan die punt van die ysberg geraak het wanneer dit by wetgewing kom is dit ʼn goeie idee om wel 24/7 ʼn prokureur aan jou sy te plaas, en dit is moontlik!

CrisisOnCall bied by die nasionale noodsentrum wat 24/7 beskikbaar is telefoniese regsadvies en toegang tot regsadviseurs (Prokureurs)

Hoe gaan dit my as individu help?

Advies oor enige regsprosedure of wat die wet bepaal oor sekere aspekte, is slegs ’n oproep ver. 24/7 onbeperkte telefoniese regsadvies is beskikbaar. Hulp ten opsigte van arbeidsreg, Motorbotsings, Padongevallefonds, litigasie, algemene reg, ens. kan verskaf word.

Indien nodig sal die eerste konsultasie (30 minute) asook die eerste skrywe vir die hantering van die aangeleentheid gratis verskaf word. Daar word meer as 3,000 prokureurs landswyd by die stelsel betrek.

Verder kan die CrisisOnCall op versoek ʼn prokureur in die omgewing waar jy jouself bevind, vinnig uitstuur om jou te ondersteun en te adviseur. (Die prokureur se kostes ter plaatse sal vir die kliënt se rekening wees)

ʼn Voorbeeld: ʼn Motoris word deur die polisie in hegtenis geneem op ʼn Vrydagaand. Die wet bepaal dat die persoon binne 48 uur (twee werksdae) in ʼn hof moet verskyn. ʼn Kuiertjie oor die naweek in ʼn tronk is dus die persoon se voorland! Borgtog word dan eers in die hof hanteer. Wat min mense weet is vir sekere oortredings is ʼn offisier by die polisiestasie gemagtig om onmiddellik borgtog toe te staan. Met die uitstuur van ʼn prokureur kan daar dus seker gemaak word dat die borgtog wel toegestaan word. Verder bepaal die wet dat enige persoon kan aandring op regsverteenwoordiging voordat enige ondervraging plaasvind. Waar kry die persoon vinnig ʼn prokureur? Een oproep na CrisisOnCall! Daar is altyd personeel beskikbaar wat kan help.

Die volgende standaard dokumentasie is ook gratis op versoek by CrisisOnCall beskikbaar:

  • Dienskontrak vir huiswerkers en werknemerskontrakte.
  • Standaard koop/verkoop kontrakte.
  • Hof vir kleinsake eise pakket.
  • Kinderonderhoud pakket.
  • Huurooreenkomste.
  • Koop-/verkoopkontrakte.
  • Testament.

Regsadvies is deel van 13 ander voordele wat by een oproepsentrum via tolvrye nommer, App of “Please call me” verkry kan word.

Ons nooi jou uit om vir ons ‘n e-pos met die onderwerp “Arrive Alive” na hello@crisisoncall.co.za te stuur sodat ons al die voordele wat ons bied aan jou bekend kan stel, om jou sodoende te help wanneer ‘n noodsituasie skielik ontstaan.

Posted on by jonckie

Comments Off on Waar is my prokureur?