Noodlottige botsing teen boom langs pad tussen Oudtshoorn en De Rust

‘n Botsing naby Dysselsdorp op die pad tussen Oudtshoorn en De Rust het vanoggend omstreeks 05:00 die lewe van ‘n jong man geëis.

Glenton Swarts en Heino Pietersen was vanaf De Rust na Oudtshoorn onderweg toe hulle Toyota Tazz die pad verlaat het, gerol het en teen ‘n groot boom gebots het.

Swarts het bestuur en is in die botsing dood. Pietersen is met ligte beserings na die Oudtshoorn hospitaal geneem terwyl reddingswerkers die oorledene se liggaam uit die wrak moes lossny. Beide mans is van Scheomanshoek buite Oudtshoorn.

Volgens polisielede op die toneel het die twee mens in De Rust oornag en om ongeveer 04:30 na Oudtshoorn vertrek. Kaptein Louis Visser, woordvoerder van Oudtshoorn polisie het bevestig dat ‘n klag van strafbare manslag ondersoek word.

[Oudtshoorn Courant]

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Noodlottige botsing teen boom langs pad tussen Oudtshoorn en De Rust

Comments are closed.