Luislang verwyder uit leë huis in Oudtshoorn

Dié luislang (Boa Constrictor) is vanmiddag deur ‘n inwoner in Oostelikeweg in ‘n leë huis gevang.

Die slang is aan Mornay Thysse, plaaslike slangvanger van die Oudtshoorn-munisipaliteit, oorhandig. Volgens hom gaan die slang nou aan CapeNature oorhandig word.

Luislange is nie giftig nie en kom nie natuurlik in dié gebied voor nie.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Luislang verwyder uit leë huis in Oudtshoorn

Category: Huis Tags :