Ambulans met ‘n pasiënt gestop in botsing met bees naby Calitzdorp

‘n Tweede botsing met ‘n dier in vier dae het Sondagaand op die Calitzdorppad plaasgevind.

‘n Ambulans wat met ‘n pasiënt na George onderweg was het omstreeks 20:10 teen ‘n bees, wat oor die pad geloop, het vasgery.

Die bees was een van drie beeste wat iewers langs die pad deur ‘n heining gekom het. Niemand in die ambulans is beseer nie. Die botsing het by die Karooboom restaurant sowat 30 km buite Oudtshoorn gebeur.

Die pasiënt wat in die ambulans was, is na ‘n ander ambulans oorgeplaas en hosiptaal toe geneem.

Die vorige ongeluk waarby ‘n dier betrokke was, was sowat vyf kilometer nader aan Oudtshoorn toe ‘n sekerheidsvoertuig Donderdagoggend ‘n koedoebul getref het.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Ambulans met ‘n pasiënt gestop in botsing met bees naby Calitzdorp