9 Beseer na minibus rol tussen Oudtshoorn en Dysselsdorp
1
May
9 Mense is lig beseer toe ‘n minibus waarin hulle was vanoggend net na 08:00 tussen Dysselsdorp en Oudtshoorn omgeslaan het.
Die bussie het ongeslaan nadat ‘n agterband gebars het.
Die bussie was een van twee voertuie wat ‘n kerkgroep van die Mighty Men-saamtrek in Middelburg vervoer het.
Hulle was onderweg na Belville.
Die bussie is deur omstanders opgelig en terug op sy wiele gestoot.
[Oudtshoorn Courant]