Reis verantwoordelik die lang naweek!

Vandag begin ʼn lang naweek waaroor baie mense opgewonde is. “ʼn Kort wegbreek vir ʼn paar dae is net wat ons nodig het.” CrisisOnCall wil egter ʼn beroep doen op motoriste om met die nodige gesindheid die langpad aan te durf.

Na elke langnaweek lees ons in die media van botsings waar mense ernstig beseer is of gesterf het. Om jou reis egter met ʼn positiewe gesindheid aan te pas kan dit nie net vir jou makliker maak nie maar ook vir jou medereisiger.

Belangrike punte om te onhou:

  • Moenie alkohol inneem voor ʼn reis nie.
  • Moenie bestuur as jy moeg is nie.
  • Bly binne die spoedgrens.
  • Moenie ʼn ander voertuig verbygaan indien jy nie seker is dat dit 100% veilig is nie.
  • Rus gereeld of ruil bestuurders.
  • Maak seker jou voertuig is in alle opsigte padvaardig.
  • Moenie jou voertuig of woonwa/sleepwa oorlaai nie.
  • Pak jou sleepwa/woonwa ook so dat daar nie meer as 75 kg gewig op die hak is nie. Maak ook seker dat die vrag versprei is oor die as.
  • Dink vir ander padgebruikers.
  • Indien jy ʼn voetganger gewaar wees op jou hoede. Die voetganger kan maklik voor jou inloop.
  • Moenie te veel koffie of ʼn swaar etes inneem nie. Dit kan jou padkonsentrasie aantas.
  • Dink vir ander om jou.
  • Gee ander motoriste kans om verby te ry maar moenie jouself in die proses in gevaar stel nie.
  • Op snelweë geld die beginsel hou links en gaan regs verby.
  • Aanvaar die paaie en tolhekke gaan besig wees, moenie ongeduldig raak nie.

Indien jy lid van CrisisOnCall is maak gerus van die reismoniteringsdiens gebruik. Dit gee aan die reisende persoon en die familie wat tuis bly gemoedsrus.

Kom ons maak hierdie langnaweek een wat altyd onthou sal word vir die min botsings en goeie gedrag van bestuurders!

Epos gerus die woord Arrive na marketing@crisisoncall.co.za vir meer inligting.

Posted on by Media

Comments Off on Reis verantwoordelik die lang naweek!