Noue ontkoming vir bestuurder en passasier in digte mis 30km van Mosselbaai

‘n Vriend het vandag ‘n baie noue ontkoming gehad op die N2 30km suid van Bloemfontein. Inligting ontvang sluit in die volgende:

” In die digte mis 30km suid van Mosselbaai. Aankomende vragmotor het oor die middelyn gegaan en ek het dit nie betyds gesien en sy agterwiel getref. Die bogger het toe besluit om liewer nie te stop. Maar n ooggetuie het die verkeersbeamptes in kennis gestel wie hom toe onderskep het. .

Altwee lugsakke het geopen en ek en die passasier is darem nie beseer. Mens besef wel weer om konsentrasie op te skerp. Mens moet mos dikwels vir die ander ou dink.”

Beide het hul veiligheidsgordels gedra.

Posted on by jonckie

Comments Off on Noue ontkoming vir bestuurder en passasier in digte mis 30km van Mosselbaai