Meisie ernstig beseer toe motor rol tussen Oudtshoorn en Mosselbaai

18-Jarige Liezl Meyer van Oudtshoorn, wat gistermiddag in ‘n ongeluk op die Mosselbaai-pad betrokke was, het verlede nag 2 breinoparasies in George ondergaan.

Volgens haar pa is haar toestand ernstig. Haar Opel Corsa het ongeveer 30 km buite Oudtshoorn die pad verlaat en verskeie kere gerol.

‘n Labrador hondjie van 3 maande wat ook in die motor was kon gister nie opgespoor word nie.

Die hondjie is vanoggend ongedeerd naby die toneel deur vriende van die familie gevind wat na hom gaan soek het.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Meisie ernstig beseer toe motor rol tussen Oudtshoorn en Mosselbaai